kategorieë: Ontspanning

Gesondheid op Suid-Afrikaanse Sauvignon Blancs!

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die Sauvignon-safari sal ’n interaktiewe om-die-wêreld ervaring van Sauvignon Blanc wees, wat ’n proe van deelnemende Concours-mededingende wyne, sowel as trofee-, goue- en silwermedaljewenners van vanjaar se kompetisie, insluit. Volledige uitslae is na Maandag by www.cmsauvignon.com beskikbaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Suid-Afrika het vandeesweek nog meer rede om breëbors te wees. Die mees gesogte Sauvignon Blanc-kompetisie ter wêreld, is vir die eerste keer ooit in ’n Nuwe Wêreld Land, op die Afrika kontinent en spesifiek Suid-Afrikaanse bodem, aangebied.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Dit is ’n droom wat waar geword het,” sê RJ Botha, voorsitter van Sauvignon Blanc Suid-Afrika. “Ons het vier jaar gelede begin met onderhandelinge met Quentin Havaux, direkteur van die Concours Mondial du Sauvignon en uiteindelik is hulle hier.”

Die Concours Mondial du Sauvignon word tot laatmiddag vandag in Franschhoek beoordeel. Tydens hierdie kompetisie sal Suid-Afrika se opwindende Sauvignon Blanc-streke ook ten toon gestel word deur daaglikse uitstappies na Durbanville, Constantia en Stellenbosch, en met spesiale aandetes wat deur Diemersdal, Groot Constantia en Vergelegen aangebied word.

Beoordeling het drie dae geduur en die resultate sal Maandag 20 Maart 2023 in Düsseldorf, Duitsland, by Prowein, die enigste internasionale handelskou wat die globale mark dek, bekend gemaak word.

Meer as 1 000 Sauvignon Blanc-wyne ding mee om die aandag van 50 beoordelaars waarvan 40 internasionaal en 10 plaaslike wynkenners is. Die gewaardeerde proeërs, ’n uitgesoekte paneel van regoor die wêreld, sluit in Andrea Amadei, joernalis by Decanter van Italië, Jean Smullen, joernalis en wyngeleentheidsbestuurder van Ierland, wynskrywer Paula Sidore van Duitsland, Peter De Leeuw, besturende direkteur van Kaapwijn Import De Leeuw in België, Christophe Bourgeois, wynprodusent in Frankryk, Daphne Teremetz, wynkoper by Waitrose Verenigde Koninkryk en Stefan Potzinger, President van die Oostenrykse Wynvereniging. Die res van die internasionale beoordelaars kom van Brasilië, Kroasië, Denemarke, Italië, Meksiko, Nederland, Noorweë, Pole, Spanje, Swede, Oostenryk, Frankryk, Duitsland, België, Groot-Brittanje en die Verenigde State.

Aurelio Montes Baseden van Chili (links) is een van die 40 internasionale beoordelaars. By hom staan Martin Moore, keldermeester by Durbanville Hills en Natasha de Villiers, bestuurder van die Durbanville Wynvallei-bestuurder.

Joernaliste en ander wynmakers is hierdie week saam met die beoordelaars by Durbanville Hills wynkelder onthaal, waar die wynvallei se beste en bekroonde Sauvignon blancs geproe kon word.

Schauné Nkosi skink yskoue Durbanville Hills Sauvignon Blanc vonkelwyn, wat gaste met aankoms kon geniet.
Simba Mashy het die worsbraai vir Durbanville Hills se stalletjie behartig.

Natasha de Villiers, bestuurder van die Durbanville Wynvallei, het almal verwelkom en gesê op dié safari gaan ons nie die Groot 5 sien nie maar 13 top Sauvignon blancs.

Gaste kon Diemersdal se The Journal Sauvignon blanc 2021 en Sauvignon blanc Reserve 2022 proe.
Die laaste witwyn tafel was vir Meerendal en Bloemendal. Wade Roger-Lund en Andri Hanekom, vier die sukses van Sauvignon blanc.

Gaste is in groepe verdeel, wat na bekende landmerke in en om die vallei genoem is en by elke tafel as twee wynplase gereed met wyne. Elke tafel het ook ’n bypassende peuselhappie gehad, wat die beste elemente in die wyne na vore gebring het. Plase kon ouer en meer onlangse gehoute, ongehoute, wildgegiste of vonkelwyne ten toon stel.

Dis groot pret as die fotograaf vra jy moet vir jou buurvrou wyn ingooi, glimlag en vir die kamera kyk! Steffi Layer van Diemersdal en Irené Botha van Signal Gun se het hulle egter baie goed van hul taak gekwyt! Die Signal Gun Sauvignon blanc kom uit die hoogste SB wingerde in die Wes-Kaap, dit groei teen 455 meter bo seespieël.

Witwyne van Altydgedacht, Bloemendal, Canto, D’Aria, De Grendel, Diemersdal, Durbanville Hills, Groot Phesantekraal, Klein Roosboom, Nitida, Signal Gun, Maastricht en Meerendal geproe.

Ryno Schneigansz van D’Aria, Elizabeth Meyer van D’Aria en Richard Schroeder van Groot Phesantekraal Wyne, verwelkom gaste by hul tafel.
Morgan Steyn van De Grendel en Etienne Louw van Nitida klink ’n glasie Sauvignon blanc.

Nadat die witwyne geproe is, het almal na die restaurant beweeg vir ’n oesfees en rooiwyne van die streek geproe.

Anneke Potgieter van Canto skink haar eie Methode Cap Classique Brut 2020 vonkelwyn wat saam met oesters geniet is.
Klein Roosboom se My Way Sauvignon blanc Reserve 2022 en die Jean Sauvignon blanc 2022 staan op ys. Eersgenoemde spog nou met die Old Vine Project (OVP) sertifiseringseël, wat wys dat die wingerde waaruit die wyn kom, ouer as 35 jaar is. more

Martin Moore, keldermeester by Durbanville Hills, het aan gaste gesê: “Ek ken die vallei baie goed. Ek was van die eerste baksteen hier. Hier baklei ons nie met mekaar nie, ons baklei eerder om Durbanville wynvallei se heerlike wyne op almal se lippe te hou.”

Die operasanger, Elizabeth Marais, het gaste met bekende operamusiek vermaak.

Elizabeth Marais het gaste met bekende operamusiek vermaak. Haar pragtige rok van tradisionele shwe shwe materiaal, is blou en wit, Durbanville Wynvallei se roetekleure.

Lees ook: Groot gebeure by Perdeberg die afgelope twee jaar

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

3 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

3 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

3 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

3 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.