kategorieë: Ontspanning

Intieme kuns-ervaring lok kunsliefhebbers van wyd en syd

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die diverse kuns-aanbieding vir die 2023-uitgawe het 17 plaaslike kunstenaars die geleentheid gebied om deel te neem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vanjaar kon plaaslike kunstenaars ook met kunstenaars buite die vallei saamwerk om aan die fees deel te neem en saam uitstalruimtes te deel.

Die geleentheid bring kunsliefhebbers van heinde en verre byeen, om nie net kunswerke teen gallerymure te geniet nie, maar kunstenaars in hul eie privaat ateljees te besoek en al die vrae te vra, wat nooit in gallerye moontlik is nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Shawn Hewitt, Solo Studios projekbestuurder by kunstenaars Paul Kristafor en Hennie Meyer en Klaus Pipreck, medestigter en direkteur van Solo Studios, by die openingsfunksie Vrydagaand.

Vier kunsroetes – A, B, C en D – het kunstenaars saamgroepeer, wat besoekers die kans gegun het om per voet saam met ’n gids die kunstenaars te gaan besoek. Wyne van die Swartland is op stoepies, voor motorhuise en in agterplase aan besoekers beskikbaar gestel en op ’n sosiale manier is kuns bespreek en ervaar.

Vier gidse, Katja Abbott, Gretha McMahon, Pieter Swart en Jacky Lloyd, het die kunsroetes gelei. Op die A-roete was Antoinette von Saurma, Sharon Bischoff, Tamlin Blake met die Keiskamma Kunsprojek, Ade Kipades met Hennie Meyer en die laaste een op die dié roete was die gemeenskapsprojek, For Life on the Move-sentrum.

Gidse het besoekers op vier kunsroetes begelei. Hier is Pieter Swart aan die woord.
Een van die fyn porseleinwerke van die kunstenaar Misha Hillier.

Op die B-roete was Andre Francois van Vuuren, Emma Willemse, Kevan Moses saam met Shui-Lyn White en Wiehan de Jager met Clayton Sutherland. Die C-roete het The Hub, Riaan van Zyl, Andries Dirks met Arno Morland, die Spier Arts Trust, 1 Royal Street Guest House, Pictorex, Louis Nel en Lizette Visser met Ros Koch, ingesluit. Die D-roete het aangedoen by RK Contemporary, Dieter Wust, Gallery 7 on Plein, Brett Shuman met Linda Waterkeyn, Gordon Williams met Paul Kristafor, Misha Hillier met Hannelie Strydom, Solly Smook en Q Studio – Impendulo met werke van Carl Collison en Hentie van der Merwe.

Een van die Spier Arts Trust se kunstenaars, Boyce Magandela, se kunswerk, “Mother” wat op ’n kombers geverf is.
Die Spier-wynreeks, Creative Block, bring hulde aan die kunstenaars van die Spier Arts Trust/Creative Block-projek.

Soos Klaus Piprek, medestigter en direkteur van Solo Studios tereg opgemerk het by die openingsfunksie by Marras op Riebeek-Wes: “Ons verkoop nie net kuns by hierdie kunsfees nie. Ons verkoop ’n hele ervaring.”

Klaus sê hierdie ervarings strek veel wyer as die visuele kunste. “Benewens die kunsuitstallings in kunstenaars se huise en ateljees en ook in privaat-gallerye en restaurante, is daar soveel meer om te ontdek. Wyn en kos en samesyn met dié wat ook passievol oor die kunste is, vorm alles deel van kuns.”

Met die namiddagson wat ’n klein hoekie in die atleljee van Andre Francois van Vuuren verlig, is selfs verfkwasse en maskeerband ’n kunswerk.
Die plaaslike kunstenaar, Wiehan de Jager, het met Clayton Sutherland saamgespan in hul uitstalling op die B-roete.

Benewens die 17 kunstenaars se ateljees, is groep-uitstallings by verskeie galerye en lokale gehou en twee private kunsversamelings in eksklusiewe gastehuise vir die publiek oopgestel.

Tamzin Lovell-Miller, stigter en uitvoerende bestuurder van Artfundi, wat twee praatjies gelewer het en die kunstenaar Dieter Wust en sy vrou, die joernalis Linda Ravenhill, ’n digitale mediese inhoudskepper.more
Die eienaars van 1 Royal Street Guesthouse, Antonio Tomazini en Ashley Stone, het hul privaat kunsversameling vir die naweek aan die publiek oopgestel.

Gaste het by The Hub (in die proelokaal van die Riebeek Valley Wineco )geregistreer en daar ’n kykie gekry van wat op hulle wag, met een voorbeeld van elke deelnemende kunstenaar se werk, wat daar uitgestal is. Permitte kon vir die hele fees of vir enkele dae of vir enkele geleenthede gekoop word.

Die KunshuisRK het ’n indrukwekkende kunsversameling en het ook die klein filmfees gehuisves.
Wyne van die Swartland kon by gallerye en restaurantjies geniet word, soos hierdie Barebones van een van die Swartland Independent-produsente, The Blacksmith Wines, se Cinsaut.

Die fees het ook ’n filmfees, verskeie kunspraatjies en ’n musiek-uitvoering ingesluit.

Danksy die uitstalling van Q Studio – Impendulo met werke van Carl Collison en Hentie van der Merwe, het die Riebeek-Kasteel Museum se ou geskiedenis ook kontemporêre betekenis gekry in die uitstalling “People [Passed]” waar nuwe kunswerke oor die permanente uitstalling uitgestal is.

Lees ook: Gewilde wynfees weer gehou

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

8 hours Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

3 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

3 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

3 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

3 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.