kategorieë: Ontspanning

Kaapstad nou op Norwegian Cruise Lines se skeepsvaart-roete

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Maryke Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vanjaar is die eerste jaar wat NCL skeepsvaarte uit Kaapstad aanbied en by ander hawestede aan die Suid-Afrikaanse kus aandoen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die NCL-skeepsvaarte is luukse ervarings ter see, maar met elke vasmeer in hawens, is daar wonderlike dag-uitstappies om die stad en omliggende toeriste-attraksies met of sonder gidse te gaan verken.

Jade is in 2006 gebou, maar het in 2017 ’n reuse opknapprojek ondergaan. Jade kan 2394 gaste akkommodeer op die 15 dekke, met 16 verskillende eetplekke waar passasiers kan ontspan. Hiervan is ses spesialiteitsrestaurante, wat van die wêreld se beste sjefs en -wyne op hul spyskaarte het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Een van Norwegian Cruise Lines (NCL) se luukse skepe, Jade, het onlangs in die Kaapstad hawe op anker gelê.

Die Stardust-teater het saans twee vertonings en dis net die plek om met ’n glas van jou gunsteling drankie agteroor te sit vir wêreldklas vertonings. Hier kan jy onder meer na ’n Cirque du Soleil-styl vertoning kyk met goëlaars en dansers en akrobate of na Country musiek-optredes luister. Daar is ook verskeie ander vermaak-opsies aan boord. NCL bring jaarliks die beste Broadway-produksies aan boord.

Terwyl die kinders in die Entourage aktiwiteitsentrum baljaar, kan pa en ma in die spa of by een van die mooi kroeë ontspan.

Om van die dek van ’n luukse skip na Kaapstad en Tafelberg te kyk, laat jou hart sommer Trots Suid-Afrikaans klop.

Die middag het afgeskop met drankies by een van die buitekroeë langs die swembad, wat deel vorm van NCL se globale volhoubaarheidsprogram, Sail & Sustain, wat gesentreer rondom die maatskappy se verbintenis om ’n positiewe impak op die samelewing en die omgewing te hê. Die kroegspan het vertel: “Ons besigheid is onlosmaaklik gekoppel aan die bewaring van ons planeet en die beskerming van ons gedeelde hulpbronne. Ons omgewings-, maatskaplike en bestuurstrategie (ESG) is gefokus op vyf pilare, maar in die kroeg vandag fokus ons met ons vier volhoubare drankies op die vermindering van ons impak op die omgewing deur klimaatsverandering te bekamp; oseane te beskerm; afval na stortingsterreine te verminder; vars water te bewaar; volhoubare bronne te gebruik en te verminder, hergebruik en herwin.”

Die drankies wat ons geniet het, wat deel vorm van NCL se globale volhoubaarheidsprogram, Sail & Sustain, het alkohol van gesertifiseerde volhoubare verskaffers as basis en die NCL-span maak strope en pulp van alle ongebruikte kos soos croissants, koffie, lemoensap en vrugte, wat daagliks ongebruik is.

Met Tafelberg in die agtergrond en die lewendige klanke van die V&A Waterfront in ons ore, het ons die vier drankies, Watermelon Twist, Cucumber Cool, Croissant Mai Tai en Pulp Art, geniet. Almal het alkohol van gesertifiseerde volhoubare verskaffers as basis en die NCL-span maak strope en pulp van alle ongebruikte kos soos croissants, koffie, lemoensap en vrugte, wat daagliks ongebruik is.

Daar is verskeie swembaddens, buite kuierplekke en gimnasiums aan boord, om al daardie lekker kos en kos en skemerkelkies af te werk.

Ons kon daarna die skip verken, voor ons in een van die spesialiteitsrestaurante, La Cucina, gaan eet het. Daar kan jy smul aan Italiaanse kos en wyn, soos in ’n fynproewerrestaurant in enige wêreldstad. Met ons vertrek, was dit vir oulaas foto’s van die skip en die hawe, met ’n trotse gevoel dat veel meer internasionale toeriste voortaan ons pragtige land aan boord en aan wal kan verken, danksy die NCL skeepsvaarte wat hier gaan aandoen.

Die ete by La Cucina, een van die spesialiteitsrestaurante aan boord NCL Jade, is ’n ware Italiaanse kos en wyn-viering.
Die nagereg van Tiramisu is so eg Italiaans as kan kom.

Ek is amper half hartseer om totsiens te sê en te weet die passasiers gaan die volgende paar dae die kuslyn verken en by Mosselbaai, Gqeberha, Richardsbaai, Durban, Luderitz en Walvisbaai aandoen, voor hulle terugkeer na die Moederstad.

Hoe lekker om te weet dat toeriste voortaan die mooiste Suid-Afrikaanse bestemmings ook danksy Norwegian Cruise Lines (NCL) se nuwe skeepsvaartroetes sal kan geniet.

Norwegian Dawn onderneem in Januarie en Februarie ’n 12 dag skeepsvaart waar daar by nege hawens, Port Louis, Mauritius, Pointe Des Galets, Reunion, Fort Dauphin (Toalagnaro), Madagaskar, Pomene en Maputo in Mosambiek, Richardsbaai, Gqeberha en Kaapstad, aangedoen word.

Een van Norwegian Cruise Lines (NCL) se luukse skepe, Dawn, onderneem in Januarie en Februarie ’n 12 dag skeepsvaart waar daar by verskeie Suid-Afrikaanse hawens aangedoen word en ’n 21 dae skeepsvaart in Maart met Kaapstad as vertrekpunt na Barcelona (Spanje). more
Jomar Caseres, een van die kroegmanne wat van die Fillipyne kom, is baie opgewonde om in Kaapstad te kan vasmeer.

Daar is ook ook op dieselfde skip ’n 21 dae skeepsvaart in Maart met Kaapstad, Walvisbaai, Luanda (Angola), die eilande van Sao Tome en Principe, Abidjan (Ivoorkus), Banjul (Gambië), Dakar (Senegal), Santa Maria (Cape Verde), Santa Cruz de Tenerife (Kanarie-eilande), Arrecife (Lanzarote), Agadir (Marokko), Casablanca, (Marokko) en Barcelona (Spanje) vasgemeer word.

Meer inligting oor die skeepsvaarte wat by Suid-Afrika aandoen, kan by www.ncl.com bekom word.

Lees ook: Eerste verjaardag vir dié indrukwekkende wynkroeg

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

5 hours Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

6 hours Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

6 hours Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

6 hours Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

9 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.