Koeskoesslaai met hoender
Serves: 6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 1 k (250 ml) kookwater
- 15 ml (1 e) olyfolie
- 15 ml (1 e) botter
- ’n knypie sout
- 1 k (250 ml) koeskoes
- 60 ml (¼ k) gerasperde parmesaankaas
- 1 koppie oorskiet geroosterde hoender in repies geskeur
- 250 g (1 pakkie) kersietamaties, middeldeur gesny
- 1 heel avokado, in blokkies gesny
- 2 skywe fetakaas, in blokkies gesny
- 50 g (’n halwe pakkie) dennepitte, gerooster
- ’n hand vol vars basiliekruidblare
Instructions
- Bring die water, olyfolie, botter en sout in ’n kastrolletjie tot kookpunt. Haal af en strooi die koeskoes oor. Bedek en laat vir 2-3 min. staan. Roer die koeskoes met ’n vurk tot die korrels los is. Roer die parmesaankaas deur. As dit ’n bietjie droog lyk, roer nog olyfolie deur.
- Voeg die hoender, kersietamaties, avokadopeer, fetakaas, dennepitte en basiliekruid by. Meng en sit as middagete voor.
Rooi Rose
Lees Meer
Mengelmoes-poeding
18/09/2024
Vis: Kook een keer, eet drie keer
16/09/2024
Gesonde rotskoekies
16/09/2024