Kry hulp op Wêreld Geestesgesondheidsdag

Kry hulp op Wêreld Geestesgesondheidsdag

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Selfdoodvoorkoming

Vanjaar se fokus op Wêreld Geestesgesondheidsdag is selfdoodvoorkoming.

Volgens SADAG (South African Depression and Anxiety Group) is daar elke 40 sekondes ’n persoon wat aan selfdood sterwe. Hulle beoog, saam met verskeie ander instansies wêreldwyd, om meer bewusmaking hierom te skep.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sedert Januarie het hulle meer as 179 000 oproepe by hul inbelsentrum ontvang en meer as 46 500 daarvan was oor selfdoodpogings. Hulle span help elke dag mense wat voel asof selfdood die enigste uitweg is.

Kry hulp op Wêreld Geestesgesondheidsdag,

As jy of ’n geliefde depressief voel of selfdoodgedagtes het, maak gerus met SADAG by die volgende plekke:

Whatsapp 076 882 2775 om met ’n kundige 7 dae ’n week, 09h00 tot 15h00 te praat
Webwerf Besoek die SADAG-webwerf vir meer inligting en hulp, en om ’n ondersteuningsgroep te vind
SMS Stuur ’n SMS na die nommer 31393 en iemand by SADAG sal jou terugskakel. Hierdie diens is 24 uur ’n dag beskikbaar.

Jy kan ook hulp kry by die Akeso-klinieke. Gesels ook met jou mediese praktisyn vir raad en om uit te vind waar en hoe jy hulp kan kry.

Vir nog inligting:

Hier is ’n lys van waarskuwingstekens waarop ons as ouers en vriende bedag moet wees wat kan aandui dat iemand aan depressie ly of selfdood oorweeg. Klik hier.

Selfdood onder kinders neem toe en is gewoonlik gekoppel aan depressie. Ons het gaan uitvind waarna ouers moet kyk en hoe hulle hul kinders kan help. Klik hier.

Depressie

Depressie kan baie vorms aanneem en kan baie oorsake hê. Hier is ’n paar minder algemene tipes waarvan jy moet weet.

Nageboortedepressie tref baie vroue en dis meer as net die “baby blues.” Lees hier om meer uit te vind. En as jy iets inspirerends wil hoor, luister hier om te hoor hoe Rozanne McKenzie haar nageboortelike depressie aangepak het. Doen hierdie toets om vas te stel of jy dalk met iemand moet praat oor nageboortelike depressie – klik hier.

As vroue gesels ons makliker oor depressie, maar mans kry dit ook. Loer hier om te sien hoe ons daaroor kan begin praat.

Baie van ons het bejaarde ouers waarvoor ons sorg. Bejaardes is ook gereeld eensaam. Waarop moet ons let om seker te maak dat ons ouers nie depressief is nie? Klik hier.

Kinders kan ook aan depressie ly. Hier is wat elke ouer of voog moet weet en hier is raad vir ouers met eensame tieners (en hoe om dit raak te sien).

Het jy geweet party mense kry winterdepressie, of Seasonal Affective Disorder? Loer hier om uit te vind wat dit is en of jy dit in die winter kry.

Het jy geweet depressie en angs, en die medikasie wat ons daarvoor gebruik, kan seksuele disfunksies soos lae libido, erektiele disfunksie en meer veroorsaak? Hier is oplossings.

Onthou om altyd met jou geneeskundige of sielkundige te gesels sodat jy jou depressie met die nodige ondersteuning kan aanspreek.

Kry hulp op Wêreld Geestesgesondheidsdag,

Stres

Wanneer stres te veel raak kan dit in uitbranding of depressie uitloop.

Hier is die gevaartekens en hoe jy dit vroegtydig kan aanspreek.

Jy kan dalk die stres hanteer, maar kan jou baba? Lees hier om meer uit te vind oor swangerskap, werk en stres.

Kry stres jou onder? Hier is ’n paar dinge wat jy kan doen om dit te bekamp.

Sit stres op sy plek met hierdie slim raad

Maak vriende met stres – jy kan dit doen!

Uitbranding

Uitbranding word veroorsaak deur langtermyn stres en kan depressie veroorsaak.

Hier is meer inligting.

Wat is uitbranding, en hoe werk dit?

Ken die fases van uitbranding en keer dit betyds.

Toets jouself om te sien of jy uitgebrand is.

Paniekaanvalle

Paniekaanvalle is skrikwekkende ervarings!

Hier is raad om ’n pad uit een uit te vind en hier is 19 moontlike oorsake van paniekaanvalle.

Kry hulp op Wêreld Geestesgesondheidsdag,

Pas jouself mooi op

Dis belangrik om jouself op te pas en om te leer hoe om stres en angs te bestuur. Dis ook belangrik om die simptome van depressie en uitbranding in jouself raak te sien.

Fokus elke dag daarop om aan jou geestesgesondheid te werk – ons het ’n paar artikels wat jou daarmee kan help.

5 maniere om depressie te bekamp

6 verkeerde dinge om oor depressie te doen

5 eenvoudige maniere om spanning te verminder

5 maniere om jou dag positief te begin

10 wenke teen stres wat wérk

6 negatiewe denkpatrone waarvoor jy moet oppas

Wanneer jy iemand anders versorg is dit belangrik om gesonde grense te skep om self gesond te bly. Lees hier vir raad.

Jy kan weer vreugde vind! Loer hier

’n Digitale detoks kan jou help om jou spanning te bestuur. Loer hier hoe en hoekom dit belangrik is om nou en dan af te skakel.

10 wenke vir meer lewenslus

Kry hulp op Wêreld Geestesgesondheidsdag,

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.