Lyk vleiend in lospassende klere

Lyk vleiend in lospassende klere. Deur Bianca Muller. Hoffoto: Asdrubal Luna vir Pexels.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Daar is iets soos te groot

Die Engelse spreekwoord, “Go big or go home”, is nie noodwendig van pas as dit kom by wat in jou klerekas is nie. Hoewel los klere modieus kan lyk, is dit maklik om te lyk asof jy in jou uitrusting verdrink. Dis waarom dit belangrik is om die regte grootte klere te kies – een of twee groottes groter is in orde. Jy kan ook kledingstukke kies wat gemaak is om groter te lyk: broeke met wye pype of lospassende rokke is goeie opsies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Behou ’n balans

Nog ’n nuttige wenk om te voorkom dat jy verslons en vormloos in los klere lyk, is om ’n balans te behou tussen los en noupassende kledingstukke. Dit rond die uitrusting mooi af en laat jou figuur vleiend lyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dra dit só

Knopieshemde

Foto: Anastasia Stexova vir Pexels

Steek jou oorgroot knopieshemp in ’n broek of romp wat ’n noupassender silhoeët het (veral om die middel om dit te definieer). Dit is ook ’n neiging in die modewêreld om slegs een punt van ’n knopieshemp in te steek of die twee punte te knoop.

Moenie skaam wees om ’n bietjie vel te wys as jy lospassende klere dra nie. Met die dra van groot knopieshemde, maak die boonste paar knope los sodat jou neklyn sigbaar is. Jy kan ook jou moue effens op daardie warmer dae oprol.

T-hemde

Foto: Angela Roma vir Pexels

Dra jou lospassende T-hemp met ’n stywer broek om balans tussen jou figuur se proporsies te skep. ’n Knoop aan die voorpunt van ’n T-hemp lyk ook altyd mooi.

Snyersbaadjies (blazer)

Foto: Nataliya Vaitkevich vir Pexels

Oorgroot snyersbaadjies is hoogmode en net soos met ander lospassende klere is balans die belangrikste aspek om in ag te neem. Dra jou baadjie by ’n hemp en broek wat styfpassend is. Jy het ook die opsie om ’n belt om jou snyersbaadjie vas te maak om jou middel te beklemtoon.

Truie

Foto: Gustavo Fring vir Pexels

Daar is verskeie maniere om ’n lospassende trui smaakvol te stileer. ’n Gewilde manier is om die voorkant by jou broek of romp in te steek. Trek die materiaal ’n bietjie uit sodat die trui effens opgepof is.

As jy verkies om nie jou trui in te steek nie, stel ons voor jy dra ’n stywe broek daarby. Dra ’n belt om jou middel om ekstra sjiek te lyk.

Langbroeke

Foto: John Diez vir Pexels

Langbroeke met wye pype is ’n groot gunsteling deesdae en as jy dit reg stileer, sal dit wondere vir jou figuur doen. ’n Noupassender hemp of trui lyk stylvol by hierdie tipe langbroeke. As jy egter verkies om ’n losserige artikel by jou broek te dra, is dit belangrik dat jy jou middel definieer, hetsy deur die hemp in te steek of ’n belt om jou middel te dra.

Rokke

Foto: Sinitta Leunen vir Pexels

Ons is versot op vloeiende rokke – hulle is immers geskik vir alle seisoene en okkasies. Om te keer dat jou lospassende rok jou figuur vormloos laat voorkom, stel ons voor dat jy ’n belt om jou middel dra.

Vir meer raad en idees, kyk na hierdie video.

Lees nog:

Vou jou klere in ’n oogwink

Detoks jou klerekas in ’n japtrap

Deel
Gepubliseer deur
Bianca Muller

Onlangse plasings

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig versorg deur Mariette Snyman. Foto's Pexels “Gedrukte…

2 hours Gelede

Die regte medisyne vir verkoue

JY KAN jou seer keel en koors self dokter én stukke beter voel. Ons wys…

7 hours Gelede

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

24 hours Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

1 day Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

1 day Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.