Margaret Gardiner gesels met ‘The Crown’ se Prinses Di

Deur Margaret Gardiner

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ek het my bedenkinge gehad,” was Elizabeth Debicki, wat die rol van Prinses Di speel, se woorde om iets van haar senuweeagtigheid te verwoord toe sy vir die finale seisoen van Netflix se The Crown Deel 1 voorberei het. Hierin word ons op dreef gebring van die romanse wat tussen Prinses Diana en Dodi Fayed afgespeel het en die tragedie wat daarop gevolg het. “Ek het geweet wat kom.” Sy erken: “Ek het geworstel tot die eerste toneel waar ek die seuns wakker gemaak het, en toe het dit in plek geval. Ek het onbewustelik vanuit ’n plek van vryheid gewerk.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Elizabeth het vir meer as ’n jaar lank navorsing gedoen om haar karakter ten volle aan te neem. “Ek wou so na as moontlik aan die wese van die mens gekom het,” het die skraal Amerikaner gesê. Die swart rok met die detail by die moue wat sy in die middel van ons onderhoud gedra het, was in sterk kontras met haar witblonde hare. “Toe ek met dié mense gepraat het wat haar geken het, was hul gunstelingherinneringe van ’n selfveragtende, baie selfbewuste en vaardige vrou. Daar was soveel stories wat ek opreg snaaks gevind het. Ek onthou hoe ek gedink het: ‘Dit is so belangrik dat ek haar emosionele intelligensie regdeur die vertoning weef..’”

Elizabeth Debicki (Foto: StillMoving.net)

Netflix het The Crown Seisoen 6 in twee dele vrygestel. Die eerste handel oor die ikoniese tyd op die seiljag en die tragiese ongeluk. Die tweede handel oor die gevolge en beweeg vinnig na die romanse van William en Kate.

Dis ’n slim besluit. Dié wat gedurende daardie tyd geleef het, sal heeltemal verslae wees wanneer hulle kyk hoe die “people’s princess” se verhouding met Dodi so deur die koninklikes en Dodi se pa gemanipuleer is. Haar lewe was ’n geveg teen magte veel groter as syself.

Dit maak dat ’n mens skoon ’n hol kol op die krop van jou maag kry om die gebeure te sien afspeel.

Ek het met Elizabeth gesels oor hoe die romanse tussen Di en Dodi gemanipuleer is en ek het veral gewonder of dit iets was wat opgemaak is. In my televisie-onderhoud verduidelik sy wat die akteurs se keuses ingelig het.

KYK: Margaret Gardiner gesels met Elizabeth Debicki wat die rol van Prinses Diana in The Crown se sesde seisoen vertolk.

Khalid Abdalla wat die rol van Dodi vertolk, het van ’n tydlyn van foto’s geskep van twee mense wat blykbaar ’n soortgelyke menslike pyn gedeel het om hom met sy toneelspel te help. Hy voel die foto’s vang lyftaal vas wat veelseggend is. Hy erken dat hy aanvanklik geïntimideer gevoel het. Toe daar egter op die seiljag geskiet is, het hy gevoel dat hy en Elizabeth die mense wat hulle uitgebeeld het, vereer het. “Die tyd en ruimte wat hulle daar op die seiljag deurgebring het, was natuurlik ongelooflik spesiaal. Dit was vol pret. Ek en Elizabeth moes daardie diepgaande samewerking verken en bou. Toe die rolverdeling en die bemanning vertrek, het die boot die toeters geblaas asof dit tot siens wou sê. Dit was ’n baie kosbare oomblik.”

Die reeks vang ook die kloustrofobiese aandag vas van die publiek en media vir hierdie vrou aan wie die noodlot ’n onspeelbare hand uitgedeel het.

KYK: Margaret Gardiner gesels met Khalid Abdalla, hy vertolk die rol van Dodi

Die Great Gatsby-aktrise wat jy dalk herken van haar vele byrolle, insluitend in Tenet, Guardians of the Galaxy en The Night Manager, het ook die innerlike gevoel van eensaamheid aangespreek wat oor haar gespoel het toe sy sommige van Diana se ikoniese tonele uitgebeeld het wat die publiek deur paparazzi-foto’s van haar tyd op die seiljag ken.

Tydens bemarking om die reeks te help bevorder, het Elizabeth ’n finale verklaring gegee en genoem dat sy iets geleer het terwyl sy die Prinses van Wallis uitgebeeld het: “Sy het met liefde gelei. Ek dink die tragedie wat so baie van ons met Diana vereenselwig, is die gevoel van ’n mens wat soveel gegee het en ons as die publiek het toegekyk hoe sy nie werklik ontvang wat sy verdien het nie. Ek dink dit is wat die wêreld verloor het toe ons haar verloor het.”

Volg Margaret op Facebook, Twitter en Instagram!

Lees ook: Dis oukei om vreemd te wees: Wat Margaret Gardiner by Julia Child-reeks geleer het

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

4 hours Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

3 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

3 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

3 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

3 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.