kategorieë: Ontspanning

Nuwe verouderde vonkelwyn vir Spier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dis slegs die derde keer dat hierdie Cap Classique gemaak is, omdat dit net in uitsonderlike oesjare gemaak word. Daar was vrystellings in 2013 en 2015.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die geleentheid is onder die druiweprieel op die stoep van die historiese herehuis gehou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Die tafels het gekreun onder vars druiwe en ander snoepgoed om die borrels te komplimenteer.

Vars mosbolletjies met heuning en plaasbotter…
Varsgebakte VADAS mosbolletjies – wat met druiwemos van vanjaar se oes gefermenteer is – was smullekker met die yskoue vonkelwyn.

Spier, wat uit 1692 dateer, is een van Suid-Afrika se oudste en bekendste wynplase in familiebesit. Die span se toewyding aan kwaliteit-wyne, het hulle twee keer – in 2011 en 2018 – die gesogte erkenning as Suid-Afrikaanse Produsent van die Jaar deur die Internasionale Wyn- en Spirituskompetisie (IWSC) besorg.

Die druiwe vir die 2016 Prestige Cuvée, wat ook slegs uit uitstaande blokke afkomstig is, is tydens een van die ergste droogtes in die Wes-Kaap geoes. Alhoewel die watertafel laag was, was die druifkwaliteit uitsonderlik. Die Chardonnay- en Pinot Noir-druiwe het ongeëwenaarde konsentrasie en kompleksiteit bereik as gevolg van die droë weer en matige temperature.

Georgio Meletiou, Spier sommelier, Heidi Dietsteinj, Spier Cap Classique wynmaker en Frans Smit, Spier se besturende direkteur.

Dis met die hand gepluk en gesorteer en die trosse heel gepars. Die vryloopsap van elke variëteit is afsonderlik in vlekvrye staaltenks en 10% in 400L Franse eikehoutvate gefermenteer. Sekondêre fermentasie en rypwording het agt jaar op die gismoer geduur, het Heidi Dietstein, Spier Cap Classique wynmaker gesê.

Die nuwe vonkelwyn was vir agt jaar op die gismoer en is ’n heerlike toevoeging tot die Spier portefeulje.

Georgio Meletiou, Spier sommelier, het die borrels se kop met ’n swaard afgekap, in die tradisionele Franse sabrage-styl.

Sy het voorts vertel dis ’n droom wat gewaar geword het vir haar. Die 2016-oesjaar was baie goed en sy het die Chardonnay vir varsheid en die Pinot Noir vir vrug-aromas versny. “Ons het net die sagste sap gebruik en dis met groot sorg hanteer om die druiwe se essensie te behou.”

“Ons wag al agt jaar hiervoor,” het Johan Jordaan, Spier se keldermeester, tydens die geleentheid vertel. “Maar laat ek jou sê, daardie agt jaar was elke sekonde werd. Die cuvée se langdurige kontak met die moer het dit met ‘n buitengewone diepte van karakter en ’n kompleksiteit wat net tyd kan gee, besorg.”

Die Prestige Cuvée vertoon Spier se breë spektrum wynmaak-vaardighede. “In ’n era waar kitsbevrediging koning is, nooi hierdie Cap Classique jou om stadiger te ry en die oomblik te geniet. Dit gaan nie net oor wanneer jy dit drink nie, maar nog belangriker, die geselskap waarin jy jouself omring en die kwaliteit van die tydjie, wat jy geniet. As jy my vra, is dit die perfekte pasmaat,” sê Johan.

Guy McDonald, platejoggie en radiopersoonlikheid, klink ’n glasie met Johan Jordaan, Spier se keldermeester.

Beleë kase het hul man gestaan teen die varsheid van die borrels.

Hy het voorts aan gaste vertel dat die bekendstelling ’n ware outydse fees is met kaas en wyn en mosbolletjies wat die Franse Hugenote ingebring. “Ons gebruik mos gedeeltelik gegiste druiwesap hiervoor en dis deur die span by VADAS op die plaas gebak.”

Die ou gebou neffens die herehuis was die plaas se eerste gebou en dateer uit 1776 en was altyd die wynkelder. “Jy kan dit steeds gebruik as jy ’n garageist is, maar ons is so bietjie daar verby,” het hy met ’n knipoog gesê.

Johan Jordaan, Spier se keldermeester, en Heidi Dietstein, Spier se Cap Classique wynmaker.

Heidi en Johan het vertel dis die vroegste ooit oes op Spier vanjaar en teen die tweede week van Februarie is meer as die helfte van die oes afgehandel en dis “ongelooflik”. Heidi het bygevoeg dat hierdie ’n oes is om mee rekening te hou. “Dis ’n oesjaar vir stewels in die wingerde; nie stewels in die kelder nie. Die druiwe moet geproe word, jy kan nie net op lesings en tellings gaan nie.”

• As Spier se top Cap Classique, word die Prestige Cuvée in beperkte hoeveelhede vervaardig. As jy nuuskierig is om hierdie raar borrels te proe, kan jy die Prestige Cuvée Oesproe bespreek, tans beskikbaar is by die proelokaal tot einde Februarie. Die proe word met ’n glas van die Cuvée en varsgebakte VADAS mosbolletjies – wat met druiwemos van vanjaar se oes gefermenteer is – aangebied.

Bespreek jou plek vir R110 per persoon: https://www.spier.co.za/visit/wine-tasting

Lees ook: Wynsterre blink weer by spogwynskou in die Kaap

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

1 day Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

1 day Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

1 day Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

1 day Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.