kategorieë: Ontspanning

Nuwe wyn vrystelling en verjaardag vir pragplaas

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die Lady May 2018 is pas bekend gestel en die landgoed vier ook 20 jaar sedert May de Lencquesaing die landgoed gekoop het. Sy was die vorige eienaar van Bordeaux se Château Pichon-Lalande

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Om middagete op die terras by Vine Bistro te geniet, wat jou baie aan iewers op die Franse platteland herinner, is ’n ware fees. Ons proe die nuwe Lady May 2018 met Dirk van Zyl, keldermeester en Afrika verkoopsbestuurder.

Nicolas Bureau, hoof uitvoerende beampte van Glenelly en May se kleinseun, is druk besig in vergaderings, maar kom groet vinnig en klink ’n glasie op dié nuwe vrystelling.

Dirk druk sy neus in sy glas en adem die heerlike aromas diep in. Hy vertel dat die 2018 oesjaar daardie baie berugte droogte-oes was en die wingerde het swaar gekry. “Dit was nie so warm nie, maar droog. Dit was Glenelly se kleinste oes ooit en net 50% van gewone jare. Maar die vrugte het baie konsentrasie en groot sorg is geneem om nie elegansie te verloor nie.”

Maar in sy oë kan jy sien dat hy gelukkig is met hierdie oesjaar. Hy erken dat mens maar altyd krities is wanneer jy oes. “Wyn moet tyd en plek vasvang. Dit moenie lig en blomagtig wees nie, want dit sou nie getrou wees aan 2018 nie.”

Dirk het twee jaar gelede by die plaas aangesluit en sê die wingerde is nou meer volwasse en hul span verstaan die wingerde beter.

Die 120 hektaar plaas aan die voete van die berge buite Stellenbosch met sy indrukwekkende betonkelder het 58 hektaar wingerd en kan nie hul aanplantings uitbrei nie. Die wingerde is oorwegend rooi met minder as 10% wit. Dirk vertel hulle het tans 45% Cabernet Sauvignon en wil dit graag vermeerder na meer as 55% en hulle beplan om ook hul Merlot-wingerde te laat groei.

Hy vertel bietjie oor die interessante navorsing oor die SA wyngeskiedenis wat op hul webwerf vervat is en ek maak ’n nota in my geheue. Ek gaan later meer lees by: https://glenellyestate.com/our-history-timeline/

Maar terug by die Lady May in ons glas. “Die rede vir hierdie plaas is Lady May. Ons hou van ons ander wyne, maar die hoofrede hoekom ons hier is, is Lady May. Die persentasies verskil van oesjaar tot oesjaar, omdat net die beste druiwe daarin gaan,” vertel hy terwyl ons aan heerlike geregte peusel.

Die 2018-oesjaar is ’n versnit van 85% Cabernet Sauvignon, 6% Cabernet franc, 6% Petit Verdot en 3% Merlot. Daar is 13 757 bottels gemaak en dis in 750ml en 1,5 l Magnums beskikbaar. Die wyn is vir 24 maande in Franse eikehoutvate verouder.

Met nagereg is ons reg vir ’n middagslapie, maar Dirk belowe ons sal nie spyt wees as ons sy raad volg nie: “As jy so lekker versadig is, gaan stap deur die tuine of besoek die indrukwekkende glasmuseum hieronder die restaurant. May de Lencquesaing se glasversameling wat in die wynkelder gehuisves word, is een van die grootste versamelings in privaat besit ter wêreld. Die uitstallings wissel van die 1ste en 2de eeu tot moderne klassieke werke, insluitend stukke deur Salvador Dali en Lino Tagliapietra.”

Ons doen toe net dit. En weet, voortaan is dit ons somer-kuierplek!

Lees ook: Erfenis-reeks vir Lozärn Wines bekendgestel

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

2 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

2 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

2 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

2 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.