Pannekoek met kaneelsuiker
Pannekoek met kaneelsuiker
Serves: Genoeg vir 6-8
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Basiese pannekoek
- • 6 eiers
- • 2 eiergele
- • 60 ml strooisuiker
- • 125 g botter, gesmelt
- • 1 liter melk
- • 450 g (3 k) koekmeel
- • olie vir braai
- • meng 125 ml suiker en 30 ml (2 e) kaneel vir die kaneelsuiker-bolaag
Instructions
1 Klits die eiers, eiergele, suiker en gesmelte botter saam.
2 Verhit die melk tot net warm.
3 Sif die meel in ’n groot mengbak en maak ’n holte in die middel.
4 Roer die eiermengsel deur en voeg die warm melk by. Meng met ’n draadklopper tot glad. Laat rus vir minstens ’n uur.
5 Verf ’n verhitte kleefpan met ’n bietjie olie.
6 Gooi 60 ml beslag op ’n slag in die pan en braai aan albei kante tot goudkleurig.
7 Strooi kaneelsuiker oor die warm pannekoek en eet dadelik.
Lees nog: Basiese pannekoekresep
Rooi Rose