kategorieë: Ontspanning

Só werk kykNET se nuwe avontuur-realiteitsreeks, ‘Die Brug’

Ons het almal ’n brug wat ons moet oorsteek – iets in ons lewens wat ons moet oorkom. En as ons aan die ander kant kom, kyk ons terug na die reis en besef dat ons die gereedskap gehad het om self die brug te bou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit is die konsep waarop die nuwe internasionale werklikheids-TV-formaat van kykNET, Die Brug, gegrond is. Die plaaslike weergawe van die reeks begin Donderdag 26 Oktober om 20:00. Dit plaas twaalf vreemdelinge in ’n afgeleë wildernis in die omgewing van Swellendam. Hul taak is om binne 20 dae ’n brug te bou in die hoop om met prysgeld van R1 miljoen weg te stap. In die proses om ’n brug aanmekaar te slaan om by die prysgeld uit te kom, is daar kinkels en uitdagings wat die ekwilibrium in die groep laat wankel. Die spelers se sosiale vaardighede, morele waardes, fisieke en geestelike krag en uithouvermoë word tot die uiterste beproef.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sal die geld of die spel hul morele waardes beïnvloed? Sal hulle in spanne kan saamwerk? Wie gaan selfsugtig optree? Sal die spelers die versoeking kan weerstaan om mekaar in die rug te steek? En wie sal uiteindelik oor die brug loop? Sal hulle kies om die prysgeld te deel of om alles vir hulself te hou?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die brug werk met elemente van avontuurverhale en verken die dramas wat afspeel wanneer ’n groep onder geweldige druk geplaas word. Die titel het egter ook ’n simboliese betekenis, want die spelers bevind hulle in hul eie lewens ook in situasies waar hulle brûe moet oorsteek om nuwe moontlikhede te ontsluit. Dít verdiep die menslike drama en maak van die reeks vir die deelnemers ook ’n stryd om selfoorwinning.

Vir ’n avontuur-realiteitsreeks soos Die Brug, het jy ’n vertellerstem met gravitas nodig – ’n stem wat die drama, aksie, spanning en emosie kan vasvang, inkleur en versterk. So ’n persoon is die enigmatiese Neil Sandilands.

Neil het as kinderakteur reeds sy merk op TV gemaak in Meester en Konings, en later het hy beïndruk met sy talent op TV, in rolprente en op die verhoog. Los Angeles het gewink, en rolle in internasionale reekse soos Hap and Leonard en Sweet Tooth het gevolg. Afrika se roepstem was egter altyd daar, en Neil Sandilands het keer op keer teruggekom na Suid-Afrika om hier te kom werk.

Toe ’n jare lange vriend, Cecil Barry, hom ’n paar maande gelede nader en vra of hy die verteller vir Die Brug wil wees, het Neil dadelik ja gesê, sonder dat hy eintlik geweet het waarvoor hy ja sê.

“Maar toe ek eers die inhoud sien en die wonderlike werk wat die kreatiewe regisseur Freddy Louw en sy span gedoen het, was ek pens en pootjies dáár. Om gevra te word om jou stem te gee om ’n storie soos hierdie te vertel, is ’n groot eer, en dit kom op die regte tyd in my loopbaan. Hoe voel ek daaroor? Fantasties!”

Wat dink hy van ’n realiteitsprogram soos hierdie?

“Wel, ek kyk nie juis TV nie, ek maak dit,” sê Neil en lag. “Maar dit gesê: Dit het gou duidelik geword dat ek vasgevang, gestimuleer en selfs weggevoer is deur die inhoud. Die karakters wat ons ontmoet, is nie net appels en pere nie, maar sommer avokado’s ook. Die hart van die program, tematies, sorg vir pret, afleiding, uitdagings en stof tot nadenke. Dit tiek al die boksies wanneer dit by vermaak kom. Die Brug word spoedig hoë avontuur-realiteit en kyk met ’n vergrootglas na die menslike psige.”

Belangrike terminologie in Die brug:

• “Houthuis” – waar die spelers woon en werk. Dit bestaan uit ’n slaaparea, ’n leefarea, ’n werkswinkel en ’n pier.

• “Toring” – 250 meter van die oewer af en die spelers se uiteindelike bestemming, want dit is waar die prysgeld wag.

• “Eiland” – waar die Toring en die prysgeld is. Die spelers moet ’n brug bou om daar uit te kom.

• “Posvlot” – halfpad tussen die oewer en die Toring. Dis waar die spelers boodskappe en instruksies moet gaan haal.

• “Poskan” – die vaartuig waarin spelers boodskappe en instruksies ontvang.

• “Fakkels” word gebruik om die spelers te laat weet wanneer daar nuwe pos op die Posvlot is.

• “Verwydering” verwys na ’n speler wat huis toe gestuur word. Dit kan enige tyd gebeur. Anders as in ander realiteitsprogramme, is daar nooit dieselfde reëls of meganisme vir die “verwydering ” nie. Dit is net so onvoorspelbaar soos die gebeurtenis self. As spelers verwyder word, moet hulle hul besittings pak, op ’n boot klim en die spel onmiddellik verlaat.

KYK: Die Brug Voorskou

Die brug word uitgesaai op DStv Premium op kykNET (DStv-kanaal 144) vanaf Donderdag 26 Oktober om 20:00. Dit sal ook via DStv Stream gestroom kan word en beskikbaar wees op DStv Catch Up ná elke uitsending.

Lees ook: kykNET se nuwe reeks ‘Straat’: Wat jy moet weet

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

2 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

2 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

2 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

2 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.