kategorieë: Ontspanning

Stellenbosch weer gasheer vir fisiese Woordfees

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Daar was meer as 250 aanbiedings in meer as 40 venues in en om Stellenbosch. Feesgangers kon toneel-, dans, musiek kyk, deel wees van boekbesprekings, op wandelinge gaan, terwyl hulle met ’n glas wyn van die Stellenbosch Wynroetes-lede by elke lokaal kon geniet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Nuwe boeke is bekend gestel, nuwe vriende gemaak en die Afrikaanse kultuur en erfenis, was in veskeie gesprekke in die kollig.

Hierdie twee kyk ook uit vir iets opwindend en is net so dankbaar die fees kon uiteindelik gebeur! The View deur Jean Theron Louw het egter ’n baie dieper betekenis oor die balans van die lewe.
Die US Museum was vanjaar weer deel van die visuele kuns-afdeling op die US Toyota Woordfees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
In Pots and pans with strings and things deur The Scullery Quintet in die Endler, vermaak Hana wim Wahl, Tiisetso Mashishi, Amaeshi Ikechi, Peter Auret en Dieter Hendricks met viool, altviool, kontrabas en dromme. Die groep is ’n nuwe Suid-Afrikaanse klassieke en kontemporêre musiekgroep wat genres aweregs oorspan. Ons voete tik saam op jazz en klassieke musiek. more
Gérard Labuschagne, skrywer van Profiler Diaries 2, het met die misdaadskrywer Irma Venter gesels oor sy 14 jaar in die polisie, waar hy as ondersoekende profileerder minstens 110 reeksmoorde ondersoek en ná 200 reeksverkragters “ophou tel” het. G’n wonder die FBI het hom al nadergehaak om van hul profileerders op te lei nie. more
Attached to the Soil is in die US Museum as deel van die visuele kuns-afdeling uitgestal en is ’n versameling fotografiese portrette wat geskep is in in samewerking tussen Peter Glendinning, Fulbright-geleerde en professor in Kuns, Kunsgeskiedenis en Ontwerp aan die Michigan State University, met Suid-Afrikaners van diverse ouderdomme en kulturele en sosiale agtergronde. Die foto’s poog om die hoop, vrese en aspirasies van hierdie individue te wys, die diversiteit as gevolg van hul uiteenlopende agtergronde vas te vang en van die lyne te trek wat hulle bind. more
Die gevierde akteur, Paul du Toit, is met ’n Fleur du Cap-toekenning beloon vir die regie van The Unlikely Secret Agent met Erika Marais, Gideon Lombard, Wessel Pretorius, Carlo Daniels en Ntlanhla Kutu. Die stuk speel in 1963 af toe die land op breekpunt is. Eleanor, ’n jong enkelma wat in ’n boekwinkel werk, word gearresteer en onder die 90-dae aanhoudingswet aangehou. Sy word wreed ondervra, want die polisie is op soek na haar minnaar, die berugte “terroris” Ronnie Kasrils. Eleanor bly stil, ook oor die feit dat sy self ’n geheime agent vir die ondergrondse ANC is. Sy besluit om ’n senuwee-ineenstorting na te boots, om na ’n psigiatriese inrigting oorgeplaas te word, vanwaar sy wil ontsnap. Dit volg haar lewe tot haar dood. more
Die bekende kultuurhistorikus Matilda Burden het feesgangers met ander oë laat kyk na die hart van die Eikestad met sy argitektoniese juwele. Twee verskillende roetes is op alternatiewe dae gevolg, een deur die middedorp en een om die braak. more
’n Drie-eenheid van Pentz-generasies van Groote Post Wyne sou saamsit aan by die tafel en drie van hul gunsteling Groote Post wyne proe, maar toe is die oudste Pentz pens en pootjies in die bed platgetrek. Groote Post is ’n geskiedkundige 18de eeuse plaas aan die Kaapse Weskus waar hierdie familie die wynmaaktradisies laat herleef. Toe kuier gaste lekker met Nick en Peter jr en hoor hoe die familie die sprong van melk na wyn gemaak het, en wat dit verg om ’n suksesvolle familiebesigheid te bedryf. more

Die komediant en akteur, Schalk Bezuidenhout en Wesley van der Westhuizen (klavier, kitaar) het in Schalk sing sleg! opgetree. Die titel was baie gepas!
Nicole Holm en Inge Crafford in die drama, Tweespoor, wat in 2020 vir vier WoordTrofees benoem is en Nicole het die prys vir beste vroulike speler verower. Dit vertel die verhale van twee vroue wat weens ingrypende gebeure in hul lewens, sielkundig wroeg. more

Dit was heerlik om weer onder die sterre te sit en musiekteater te geniet by Oude Libertas amfiteater met Die sewe doodsondes met onder meer Bianca le Grange, Jason Atherton, Siphesihle Mdena, Lwazi Dlamini en Garth Delport in die rolverdeling. Die anti-kapitalistiese satire vertel die verhaal van die skisofreniese Anna op haar “reis van sonde” deur Amerika, terwyl sy probeer geldmaak om huis toe te stuur na haar lui familie. more
In Oom Bey, my Pa, die storie van die struggle-held Beyers Naudé, soos gesien deur die oë van sy jongste kind en enigste dogter, Liesel, is die rolle vertolk deur Ira Blanckenberg, en Robert Hindley. Liesel ontleed haar verhouding met haar pa teen die agtergrond van sy stryd tussen gehoorsaamheid aan God en gehoorsaamheid aan die Kerk om gelyke regte vir alle Suid-Afrikaners te bewerkstellig. more
’n Akkerboom was ’n interessante manier van teater: met elke vertoning het ’n ander akteur of aktrise saam met die hipnotiseur op die verhoog verskyn om die rol van die pa te vertolk, sonder dat hulle ’n woord van die teks gelees het. De Klerk Oelofse en Martelize Kolver is hier te sien. ’n Man verloor sy dogter in ’n motorongeluk, en niks is meer soos dit was nie. Dis asof hy in ’n toneelstuk is, maar nie die woorde of die bewegings ken nie. Die man wat die motor bestuur het, is ’n hipnotiseur wat sedert die ongeluk sy krag van suggestie verloor het. more
In Die tale wat ons praat met skrywers Elias P. Nel, Dianne du Toit Albertze, gespreksleier Donovan Lawrence, Grant Jefthas en Loit Sôls, het die gesprek gehandel oor geskrewe Afrikaans wat deesdae in ’n velerlei variante uit alle hoeke van die land geskryf en gepraat word. more

Lees ook: Twee suksesse vir SA se ou wingerde gevier

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

4 hours Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

4 hours Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

4 hours Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

5 hours Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

7 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

8 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.