kategorieë: Ontspanning

Vreemder as fiksie: kykNET loods nuwe dokkie-reeks oor rare maar ware verhale

Almal het ’n storie – party vreemder as ander. Soms so vreemd jy kan nie glo dis waar nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dié reeks, wat op 1 April 2024 begin, gun die betrokkenes en familielede die kans om hulle ongelooflike wedervaringe te deel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Izelle Venter, die uitvoerende vervaardiger van die reeks, sê die stories wat gedek word, draai nie om gebeure wat sommer die nuus haal nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ons fokus op die stories wat jy nou en dan langs ’n braaivleisvuur hoor en wonder of die vertellers die kat aan die stert beet het. Die reeks delf dieper in dapper mense se lewens wat gekonfronteer is met gebeure en karakters wat jy dink net in storieboeke kan gebeur. Hul naastes en ook kenners werp lig op hul ervarings: Van rare siektes en bonatuurlike gebeure tot wrede familiegeheime. Dis raar maar waar. Inderdaad vreemder as fiksie.”

Daar is 13 episodes en elke episode fokus op ’n ander familie. Die reeks word vervaardig deur Pop24.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

In die eerste episode volg ons die storie van Benita Botha wat byna 20 jaar in die kloue van ’n kultus was. Sy het vir 15 jaar nie met haar ma of suster kontak gehad nie, en in plaas daarvan om die Here se werk te doen, is sy en haar familie vernietig.

Ons ontmoet ook vir Megan van Zyl, wie se hele lewe verander het in 2013 toe sy uitgevind het haar sussie is eintlik haar ma. Hoe leer jy om skielik vir jou sussie “ma” te sê wanneer jy daarmee saam ontdek jou ma is in der waarheid jou ouma? Megan is steeds besig om haar familiegeheim te probeer verwerk.

Cheryl-Ann Mostert was in ’n donker gat toe sy hoor sy het twee baarmoeders, twee servikse én twee vaginas. Sy het eers gedink sy het nierinfeksie, maar in 2012 het sy uigevind wat werklik die geval is. En tog het sy ’n gelukkige gesin.

Dié reeks slaan jou asem weg met ware lewensverhale wat g’n skrywer sou kon uitdink nie.

Vreemder as fiksie word elke Maandagaand vanaf 1 April 2024 om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Dié dokumentêre reeks sal ook op DStv Stream en DStv Catch Up beskikbaar wees.

Lees ook: Nuwe tydsgleuf vir kykNET se Bravo!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

7 hours Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

10 hours Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

14 hours Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

1 day Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

2 days Gelede

Bronchostop stel nuwe hoesstroop, Bronchostop Nite, bekend

Ons was al almal daar: Jy rol tot twee uur die oggend nog rond van…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.