kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Chané Grobler – SA se eie TikTok-ster is binnekort op Binnelanders te sien!

Sy hou deesdae haarself ook aktrise en is van 15 November op Binnelanders te sien. Chané vertolk die rol van haarself wat een van Binnelanders se dokters oor ’n moontlike plastiese chirurgiese prosedure gaan sien. ’n Nuuskierige verpleegster veroorsaak egter vir haar probleme wanneer sy ’n skinderstorie oor die prosedure versprei …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Karlien Meiring het meer oor hierdie ambisieuse, aanlyn celeb se toekomstige (en huidige) hoofstuk gaan uitvind. (Hooffoto: Philips)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe was jou ervaring op die stel van Binnelanders?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit was ’n absolute fees! Ek was so senuweeagtig die eerste dag, maar my mede-akteurs en die res van die span het my so gemaklik laat voel. Hulle het my baie gehelp en moed ingepraat. Al die Binnelanders is sulke egte en plat-op-die-aarde-mense.

So graag soos wat ek wil aanhou om aan my sosiale-media-teenwoordigheid te bou, sal ek beslis ook my toneelspelvaardighede wil ontwikkel en meer sulke geleenthede aangryp. Dit was nog altyd iets waarvan ek baie gehou het en ek is so bevoorreg dat ek die kans gekry het om hierdie belangstelling op Binnelanders uit te leef.

Watter flieks en sepies geniet jy die meeste?

Ek geniet komedies die meeste en ek’s glad nie ’n aanhanger van skop-skiet-en-donder-flieks nie! As dit by sepies kom, verkies ek misteries – veral wanneer dit oor ware misdaad gaan of daar raaisels opgeklaar moet word.

Wat is die moeilikste deel van jou TikTok-loopbaan?

Die feit dat die publiek my konstant dophou en kritiseer. My volgelinge verwag sekere dinge van my en dis soms baie moeilik om aan hul standaarde te voldoen. Dit plaas ook baie druk op ’n mens om konstant fyn te beplan wat jy op jou platform gaan laai sodat jy nie iemand met jou inhoud beledig of aanvat nie. Dit bly my verantwoordelikheid wat ek alles daarbuite sit.

Mense het ’n wanopvatting oor my: Hulle dink ek is snobisties en pretensieus, maar eintlik is ek vreeslik sagmoedig, vriendelik en baie plat op die aarde!

Foto: Willie Botes

Wat wou jy word voordat TikTok oor jou pad gekom het?

Ek wou ’n onderwyseres wees en ek was juis besig om onderwys te studeer toe my profiel op sosiale media vreeslik begin groei het. In my tweede jaar het my verantwoordelikhede op sosiale media net te veel met my klasse gebots. Al my leerders het my op sosiale-media-platforms begin volg en ongelukkig het dit probleme veroorsaak omdat hulle my meer vrae oor TikTok gevra het as wat hulle op hul skoolwerk gekonsentreer het!

@chanegrobler guys im so obsessed with this jumpsuit🥹🫶🏼❤️‍🔥 @cupsheofficial #cupshe #cupshecrew #cupsheconfidence #cupshehaul #outfit #outfitinspo #tryonhaul #viral #tiktoksa #tiktoksouthafrica #trend #fypシ #fyp #foryou #foryoupage ♬ Novacane – sp3dupsounds0

Dink jy dis wys vir jongmense om TikTok as loopbaan na te streef?

Ek dink dis ’n goeie idee om dit ten minste ’n probeerslag te gee – kyk of jy daarvan hou en gemaklik is daarmee. Jy het niks om te verloor nie! Sosiale media is definitief nie vir almal nie en ek kan verstaan hoekom party mense eerder wil wegbly. Sosiale media skep ’n lekker platform om jouself uit te leef en jouself met mense te deel. As jy jou werk geniet, voel dit nie noodwendig altyd soos sulke harde werk nie. Ek geniet dit beslis en sal almal aanraai om dit ’n kans te gee.

Volg haar op Instagram en TikTok!

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole BessickSy hou deesdae haarself ook aktrise en is van 15 November op Binnelanders te sien. Chané vertolk die rol van haarself wat een van Binnelanders se dokters oor ’n moontlike plastiese chirurgiese prosedure gaan sien. ’n Nuuskierige verpleegster veroorsaak egter vir haar probleme wanneer sy ’n skinderstorie oor die prosedure versprei …

Karlien Meiring het meer oor hierdie ambisieuse, aanlyn celeb se toekomstige (en huidige) hoofstuk gaan uitvind. (Hooffoto: Philips)

Hoe was jou ervaring op die stel van Binnelanders?

Dit was ’n absolute fees! Ek was so senuweeagtig die eerste dag, maar my mede-akteurs en die res van die span het my so gemaklik laat voel. Hulle het my baie gehelp en moed ingepraat. Al die Binnelanders is sulke egte en plat-op-die-aarde-mense.

So graag soos wat ek wil aanhou om aan my sosiale-media-teenwoordigheid te bou, sal ek beslis ook my toneelspelvaardighede wil ontwikkel en meer sulke geleenthede aangryp. Dit was nog altyd iets waarvan ek baie gehou het en ek is so bevoorreg dat ek die kans gekry het om hierdie belangstelling op Binnelanders uit te leef.

Watter flieks en sepies geniet jy die meeste?

Ek geniet komedies die meeste en ek’s glad nie ’n aanhanger van skop-skiet-en-donder-flieks nie! As dit by sepies kom, verkies ek misteries – veral wanneer dit oor ware misdaad gaan of daar raaisels opgeklaar moet word.

Wat is die moeilikste deel van jou TikTok-loopbaan?

Die feit dat die publiek my konstant dophou en kritiseer. My volgelinge verwag sekere dinge van my en dis soms baie moeilik om aan hul standaarde te voldoen. Dit plaas ook baie druk op ’n mens om konstant fyn te beplan wat jy op jou platform gaan laai sodat jy nie iemand met jou inhoud beledig of aanvat nie. Dit bly my verantwoordelikheid wat ek alles daarbuite sit.

Mense het ’n wanopvatting oor my: Hulle dink ek is snobisties en pretensieus, maar eintlik is ek vreeslik sagmoedig, vriendelik en baie plat op die aarde!

Foto: Willie Botes

Wat wou jy word voordat TikTok oor jou pad gekom het?

Ek wou ’n onderwyseres wees en ek was juis besig om onderwys te studeer toe my profiel op sosiale media vreeslik begin groei het. In my tweede jaar het my verantwoordelikhede op sosiale media net te veel met my klasse gebots. Al my leerders het my op sosiale-media-platforms begin volg en ongelukkig het dit probleme veroorsaak omdat hulle my meer vrae oor TikTok gevra het as wat hulle op hul skoolwerk gekonsentreer het!


Dink jy dis wys vir jongmense om TikTok as loopbaan na te streef?

Ek dink dis ’n goeie idee om dit ten minste ’n probeerslag te gee – kyk of jy daarvan hou en gemaklik is daarmee. Jy het niks om te verloor nie! Sosiale media is definitief nie vir almal nie en ek kan verstaan hoekom party mense eerder wil wegbly. Sosiale media skep ’n lekker platform om jouself uit te leef en jouself met mense te deel. As jy jou werk geniet, voel dit nie noodwendig altyd soos sulke harde werk nie. Ek geniet dit beslis en sal almal aanraai om dit ’n kans te gee.

Volg haar op Instagram en TikTok!

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole Bessick

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

1 hour Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

2 hours Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

2 hours Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

2 hours Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

5 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

5 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.