kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Die Kontrak se Samantha Leonard

Ná haar reis op The Voice (tweede seisoen) in 2017 waartydens sy ’n derde plek in die kompetisie behaal het, het Samantha Leonard gedink sy sou uiteindelik haar sangloopbaan-droom kon uitleef. Die werklikheid het egter verskeie toe deure, leë beloftes en baie seer vir haar ingehou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Ek het daarna my trane gesluk, my ken opgetel en in Januarie 2018 aan my album, ’n Duisend keuses, begin werk. Ek en my pa het ons laaste sente bymekaar gesit om 27 jaar se harde werk te red. Dit was my laaste probeerslag,” sê sy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Haar album is ná baie harde werk aan die einde van 2018 vrygestel, maar weereens was haar geluk van korte duur omdat die Covid-19-pandemie haar loopbaan erg skade berokken het. “Ons het alles verloor. Ek was moedeloos en gebroke, ek kon nie eers meer sing nie, want ek was bang om weer seer te kry.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dit het haar met geen ander keuse gelaat as om haar mikrofoon finaal neer te sit en haarself as eiedomsagent te begin bekwaam nie.

Gelukkig ontmoet Samantha toe vir Francois Taljaard, haar “boerseun van Krugersdorp” wat haar vir die tweede seisoen van Die Kontrak ingeskryf het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Nou is Samantha al deel van die top-vier op die program wat sy as haar reddingsboei beskryf: “Die Kontrak is waar ek myself nie net vir die eerste keer leer ken het nie, maar ook waar ek geleer het hoe om myself en my letsels weer lief te hê. Dis waar ek weer verlief geraak het op musiek, op die lewe, op mense, en op Afrikaans.”

Karlien Meiring het meer oor die vrou met die goue stem (en hart) gaan uitvind.

Wanneer het die sanggogga jou die eerste keer gebyt?

Ek het op die ouderdom van drie begin sing en het altyd geweet dit is wat ek vir die res van my lewe wil doen. Ek het op die verhoog grootgeword en in kore, musiekteaterproduksies, en ons kombuis opgetree en my ouers aanhoudend gevra: “Watter liedjie wil julle hê moet ek volgende sing?” Nadat die skoolklok in die middae gelui het, het ek huis toe gejaag om agter my mikrofoon te kom waar ek elke dag vir vier ure lank sou sing. Ek het nog altyd die lewendigste en tuis agter ’n mikrofoon gevoel.

Wat is die grootste lesse wat jou loopbaan jou tot dusver geleer het?

Daar is 12 rondtes in ’n boksgeveg. Die lewe het my pa 12 keer plat geslaan, maar hy het elke keer weer opgestaan. Hy het my geleer om dieselfde te doen: Om terug te veg en aan te hou baklei, maak nie saak hoe seer dit is nie. Aanhouers wen werklik. Ek het ook geleer om in myself te glo, want ek is my eie grootste kompetisie, niemand anders nie. En net so belangrik as wat dit is om in die oomblik te leef, is dit ook belangrik om dié oomblikke met die regte mense te deel – mense wat in jou glo en jou onvoorwaardelik liefhet.

Wat inspireer jou wanneer jy liedjies kies om te sing of self te skryf?

Ek vra myself af: “Wat is die doel agter enigiets in die lewe as dit nie mense dien nie?” Dit moet tog iets vir iemand beteken. Só voel ek ook oor elke liedjie wat ek sing of wat ek self skryf: Al twee kom vanaf regte, persoonlike ervarings in my lewe en loopbaan.

Waarmee is jy besig wanneer jy nie gehore met jou stem betower nie?

Ek voel daar is ’n wanopvatting van musikant-wees. Mense sê gereeld vir my: “Dis seker so lekker om net ’n uur se vertoning te doen en die res van die week vakansie te hou.” Daardie “vakansiedae” is wanneer ons die hardste werk. ’n Sangloopbaan bestaan uit baie laat aande, opofferings, en konstante druk om relevant te bly in ’n bedryf wat altyd nuwe talent oplewer. Ek werk van sonsopkoms tot sonsondergang om my talent te verbeter en om die beste moontlike weergawe van myself te wees – nie net as kunstenaar nie, maar ook as mens.

Ek wil die verandering wees wat ek in die wêreld wil sien deur te wys hoe ’n vertrek kan ophelder as daar meer as net een lig skyn. Wees lief vir mekaar, want al wat ons op die einde van die dag het, is mekaar.

Wie is jou droomkunstenaar om ’n duet mee te sing?

Hierdie is vir my onmoontlik om te beantwoord. Daar is soveel magic en inspirasie wat kom van verskillende en uiteenlopende kunstenaars om die wêreld heen. Jessie J is vir my persoonlik ’n massiewe inspirasie. Sy is ’n sterk vrou met ’n sagte hart. Sy het ’n stem wat mense stilmaak en laat luister, want sy sing uit ’n plek van egtheid.

Volg Samantha op Instagram!

Die Kontrak word op Sondae om 18:30 op eExtra (Openview kanaal 105 en DStv-kanaal 195) uitgesaai. Of kyk saam op die eVOD-app. Herhaalde uitsendings is elke Saterdag om 17:00 op eTV.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met 2 Brunettes on a Budget

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

3 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

3 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

3 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

3 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.