Eerste werkende kweekhuis word in ’n winkelsentrum in Suid-Afrika oopgemaak

Tot nou, was Anea se gesogte, handgemaakte terrariums (’n miniatuurtuintjie binne ’n glashouer) slegs aanlyn en in die Kaap vir binnelandse geesdriftiges beskikbaar. Die skepper Denny Mo is baie opgewonde oor die nuwe verwikkeling. Hy sê: “Dit was nog altyd ’n droom. Om die natuur in ’n winkel in te bring, verg heelwat voorbereiding. ’n Kweekhuis is nodig om die landskap van ons miniatuurtuintjies in stand te hou.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Denny Mo en Howard Ahhon

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Anea se terrariums is bekend in die Kaap sowel as by We Are Egg in Cavendish Square in Claremont.

Mo sê verder: “Ons is geheel en al behep met die natuur – soveel so dat ons ’n manier wil vind om dit in te sluit. Ons moet die mikro-omgewings verstaan wat ons in ons geometriese glas wil herskep. Ons wil die skoonheid van die landskap en mikro-omgewings met mense deel. Ons sit nie plante oor in potte nie; ons behuis landskappe binne geometriese glas. Dit is wat ons anders maak.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Mo het landskappe en makro-omgewings bestudeer sodat hy met groot sukses ’n replika daarvan in ’n kleiner omgewing kan maak. Anea se reeks sluit in woestynterrariums, woudterrariums, modulêre kruietuine en ’n selfaangedrewe, tegnologies ingespuite, miniatuurlandskap wat die sonsopkoms en sonsondergang naboots.

Anea se terrariums word in vele huise en kantore gesien.

“Die kweekhuis,” sê Mo, “is ruim (4 m x 7 m) en is met voorbedagte rede langs ’n venster geplaas om seker te maak dit kry so veel as moontlik natuurlike lig. Dit gebruik nie dieselfde lugverkoelingstelsel as die winkelsentrum nie, omdat die sentrale verwarmingstelsel te fel is om plantegroei toe te laat, en dit het ’n selfaangedrewe mistoestel wat die voggehalte bestuur.”

Anea doen ook langtermynverhurings aan kantore, hotelle en winkels. Dit sluit die instandhouding van terrariums in waar opgeleide mense weekliks gaan om die miniatuurtuintjies vars te hou en werksplekke in lewende wonders verander.

Vir meer inligting, besoek anea.co.za

Lees ook: Maak tuin op jou balkon

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

2 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

2 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

2 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

2 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.