Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Suna Robberts, stilis en grimeerkunstenaar van Suid-Afrika se sterre

Sy is veral bekend vir die indrukwekkende voorkomste wat sy vir bekendes vir musiekvideo’s en die Afrikaans is Groot-vertonings geskep het. Suna het ook ’n supergewilde Instagram-blad waarop sy gereeld haar meesterstukke deel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Haar belangstelling in mooimaak het al op skool in die gebore Pietersburger vlamgevat en sy het ná skool somatologie in Pretoria gaan studeer. “Ek het vir ’n ruk as ’n somatoloog gewerk en het my eie skoonheidsalon gehad, maar ek is meer passievol oor mode en grimering, en het toe besluit om my salon te sluit om meer geleenthede in die vermaaklikheidswêreld te kan aangryp,” sê sy.

Hieroor is sy nog nie ’n dag spyt nie, juis omdat haar agtergrond in somatologie, en haar kennis oor die vel en menslike liggaam, nuttig is wanneer sy grimering en stilering doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Suna is ook ’n bekwame fotograaf per geleentheid en behartig die fotografie van haar eie grimeerreeks, Salt Atelier. Hulle stel binnekort ’n bevogtigende lipstiffie bekend.

Karlien Meiring het meer oor die kleurryke persoonlikheid agter die grimeerkwas en funky uitrustings gaan uitvind.

Hoe sal jy jou persoonlike styl beskryf en waar kry jy jou mode-inspirasie vandaan?

Ek dink my eie styl is nogal “all over the place”. Ek hou van baie verskillende tipe style, dit hang net af waarvoor ek die dag lus voel. Van natuurlike style, sagte romantiese style, sportiewe tomboy-style tot baie dramaties en eksentrieke modes – ek probeer dit alles. My mode-inspirasie kry ek van Pinterest, rolprente en TV-reekse soos Emily in Paris waaroor ek mal is. Ek blaai ook graag deur tydskrifte vir inspirasie en het nou nog êrens ’n boks vol prente wat ek as kind uit tydskrifte geskeer het. As iets vir my mooi is, inspireer dit my!

Wat is die grootste fout wat meeste vroue maak wanneer hulle hul grimering doen?

Eerstens het die meeste vroue nie die regte grimeerborsels om hul grimering mee aan te wend nie. Ek doen gereeld grimeerwerkswinkels waar ek agterkom baie vroue wend hul grimering met hul vingers aan of hulle gebruik net een of twee borseltjie vir alles. Baie vroue weet ook nie altyd watter veltipe hulle het nie en koop dan die verkeerde skakering onderlaag en berei nie hul vel reg vir grimering voor nie. Ander foute wat ek gereeld sien, is dat vroue heeltemal te veel onderlaag gebruik, hul wenkbroue verkeerd vorm en te donker inkleur. Ek sê telkemale vir vroue dat harde lyne onder die oë en gesigpoeier bo-oor jou grimering, jou vinnig baie ouer kan laat lyk.

Hoekom dink jy is dit so belangrik vir ’n mens om die lewe vir jouself mooi te maak?

Hoe jy lyk, is baie keer ’n weerspieëling van wat in jou hart aangaan, maar ’n mens kan nie toelaat dat jou omstandighede of gevoelens jou beïnvloed nie. Ons moet liewer ’n positiewe invloed op ons omstandighede hê en kies om die mooi in dinge te sien. ’n Positiewe uitkyk op die lewe gaan maak dat ons die beste in onsself en ander na vore wil bring.

Jou Instagram-blad wys jou liefde vir reis. Wat is jou topdriereisbestemmings van alle tye en hoekom?

Ons het onlangs New York, Disneyworld, Miami en Key West in Amerika besoek. Dit was natuurlik ’n ongelooflike vakansie, maar ons was ook ongelooflik besig en het nie regtig tyd vir rus gekry nie, omdat ons nie enigiets wou misloop nie! Die ander twee reisbestemmings waar ons al was en ek absoluut mal oor is, is Bali en Thailand. Daar kry jy rus vir jou siel en dis ook baie meer bekostigbaar!

In watter kledingstuk of bykomstigheid sal ons jou nooit sien nie?

Die “low waisted”-broeke en rompe wat nou weer in die mode is. Dis nie meer vleiend nadat jy kinders gehad het nie!

Volg haar op Instagram!

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Binnelanders se Melinda Viljoen

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

20 hours Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

20 hours Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

21 hours Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

21 hours Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

24 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.