
Die lewe is ’n avontuur
Marciel Hopkins-Lourens is ’n vrygees wat nuwe uitdagings omhels en erken dat moederskap haar beslis nie inperk nie. Sy streef na ’n goeie balans tussen haar loopbaan en ma-wees.
- 10 redes waarom jy rooi rose se Augustus-uitgawe móét lees!
Pyn: ’n dans tussen jou brein en lyf
Het jy geweet pyn weerspieël nie bloot wat in jou liggaam gebeur nie? Jou brein verwerk, interpreteer en skep die pynervaring aan die hand van faktore soos konteks, herinneringe, verwagting en emosie.
Ons loer in by Francois Lensley en Dion Chang
Francois Lensley is bekend vir die rol wat hy jare lank in die bekendste laan in die land gemaak het, maar vandag is hy bekend vir sy funksionele kuns en ’n onderneming wat groei.

Dion Chang het oor vier dekades vir homself naam gemaak. Eers as ’n modekenner, en toe as ’n gesogte ontleder van toekomsneigings. Op 60 kies hy doelbewus ’n nuwe koers. Hy word ‘n doodsdoula en staan troeteldiereienaars by om afskeid van hul geliefde diere te neem.

Maklike maaltye
Hierdie disse is vinnig en maklik genoeg sodat jy aandag kan gee aan dit wat werklik saak maak: tyd saam met jou gesin.
Van goud tot graan
Goud, olie en graan is meer as net grondstowwe – dit kan jou portefeulje beskerm en op die duur regte wins lewer.
‘Jy moet jouself kan wees’
In ’n wêreld vol geraas oor watter velsorgprodukte jy nou eintlik moet gebruik, is wetenskaplike bewyse en navorsing die troefkaart wat velsorgfoeies laat kantel, meen dr Mathilda Mostert, die stigter van die tienervelsorgreekds, Upenya.

Troef die koue
Hier is ’n paar idees om die doodsnikke van die winter beter (en soeter) te maak.
Christa se siel kan weer sweef
‘n Tragiese ongeluk jare gelede het haar toekomsdrome verpletter, maar ten spyte van daaglikse pyn het sy met wilskrag en harde werk weer haar eerste liefde ontdek.

Mona Lisa se geheime wapen
Mona Lisa het dit goedgedink om die mammabeer se swakheid te teiken – en die pappabeer-troefkaart te speel.
Manswerk? Wat wou!
Al meer vroue werk in velde wat tradisioneel gesien is as ‘manswerk’ en styg uit in dié beroepe. Maretha Botes het met twee sulke vroue gesels wat nie ’n tree vir hul manlike eweknieë terugstaan nie.
Lees ook: WEN ’n Willem Botha Beauty-geskenkpak ter waarde van R3 050!











