Ervaar Franse luuksheid met Panier des Sens se nuwe reeks feestelike geure vir jou huis

Panier des Sens, ’n handelsmerk wat van natuurlike hulpbronne gebruik maak, het 20 jaar gelede in die suide van Frankryk ontstaan

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Onder die skaduwee van ’n sipres- en kameeldoringboom het Jerome Lambruschini, die stigter van dié onderneming, die idee gekry om sy liefde vir die streek en die tipiese leefstyl van die inwoners te kombineer, en ’n natuurlike skoonheidsreeks te begin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die onderneming se inspirasie is die natuurlike hulpbronne wat in Frankryk beskikbaar is, en hulle maak van ou Mediterreense tegnieke gebruik om alles van parfuums, sepe, luukse rome, en olies tot kerse en geure vir jou huis te maak. Alles in verheerliking van Provence.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die formules, wat vir veganiste geskik is, is in Provence bedink en ontwerp. Alles word plaaslik vervaardig. Die organiese produkte is ryk in tekstuur en die reuke fyn. Dit word met groot sorg geformuleer en herformuleer sodat ’n minimum van 95% van die bestanddele vanaf ’n natuurlike bron kom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Panier des Sens beywer hulle vir ’n groener toekoms deur met boere saam te werk wat van volhoubare metodes gebruik maak om gewasse te kweek. Die onderneming gebruik verder slegs eko-ontwerpte verpakking wat 100% herwinbaar en hersirkuleerbaar is.

Hiermee hoop hulle om die natuur in Frankryk vir die generasies wat kom te help bewaar en bestuur. Hulle is daarom ook lid van die organisasie 1% for the Planet, ’n internasionale beweging gemoeid met ekonomieë wat meer respek vir die natuur en mense toon.

Al Panier de Sens se koekies seep is deel van die Roundtable of Sustainable Palm Oil (RSPO), wat beteken dat dié sepe baie noukeurige vereistes vir korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid en volhoubare ontwikkeling ontmoet, én die onderneming se bedrywighede kan noukeurig op die voorsieningsketting gevolg word.

Met Panier des Sens kan jy nuwe lewe in jou huis blaas!

Panier des Sens het pas ’n nuwe reeks geure vir jou huis bekendgestel waarmee hulle hul kundigheid en ervaring met alles wat lekker ruik, duidelik maak. Dit sluit in geparfumeerde kerse, lugspreiers (diffusers) wat van riet gemaak word, sproeie vir jou kamer en hervullings.

Hierdie reeks staan vir absolute welstand en art de vivre – sleutelwoorde vir ’n reeks wat sensoriese emosies beliggaam.

Die reeks bestaan uit ’n verskeidenheid van blom-, vrug- en houtreuke.

Die eko-ontwerpe, natuurlike, veilige en sensoriese produkte neem jou op ’n reis van reuke wat die omgewing en ander se gesondheid respekteer.

“Panier des Sens is meesters as dit kom by die ontwikkeling van fyn reuke. Elkeen van die goed gebalanseerde reeks se geure is uniek en sal tot heelwat mense se smake en gevoelens spreek. Dit skep ’n vreedsame gevoel van luuksheid en welstand in jou huis. Die reeks bly getrou aan die handelsmerk se grootste doelwit om lewensvatbaar te wees. Die hervullers het meer as een gebruik en die houers is mooi genoeg om weer en weer te gebruik,” sê Nitsa Comninos-Rose, een van die direkteure van The 51 Group.

Ervaar die wonder van Kersfees in Provence met Panier des Sens se spesiale Kersreeks. Of jy dit nou in jou boom hang of jou tafel mee versier – gebruik hierdie heerlike, klein geskenkies om jou gaste te verras en hulle met die geure van Provence te omring. Die bekostigbare geskenk is ’n mooi Kersversiering en lekker om te gee.

“Die reeks maak jou nostalgies en herinner aan die gemak wat jy in jou huis of selfs ook in die natuur ervaar – heel gepas vir Kersfees. Die reuke is soos om ’n warm drukkie te kry en die verpakking is pragtig soos net Panier des Sans dit kan doen. Bekostigbaar tog uitspattig, gee hierdie geskenkies vir jouself of aan iemand wat jy liefhet.”

Die kerse met ’n Kersgeur is slegs vir ’n beperkte tyd beskikbaar, en sal jaareindgesellighede kan belig met ’n pit wat van 100% katoen gemaak word, 55 uur sal brand, ’n herwinbare glashouer insluit en die reuke van Grasse sal vrylaat.

Sweet Madeleine: Vars gebakte madeleinekoek met geure van amandel, sitrus en vanielje-karamel wat jou mond sal laat water en jou geheue interessante draaie sal laat maak.

Enchanted Forest: Staan onder ’n naghemel met sterre belig terwyl die wonder van Kersfees jou oor ’n heuwel na ’n woud meevoer. Houterige basisnote met ’n sweempie rokerigheid skep ’n misterieuse atmosfeer.

Gingerbread: Gee jou oor aan die koesterende reuke van gemmerkoekies. ’n Ontploffing van speserye en vanielje skep ’n feestelike en knus atmosfeer.

Panier des Sens steun op ou ambagskundigheid en tradisionele metodes wat dekades lank al gebruik is. Hul gesofistikeerde formules is nie net goed vir jou vel nie, maar die hoogs ontwikkelde en bygewerkte geure en essensiële olies is ook goed vir jou kop. Die onderneming ondersteun lewensvatbare boerderypraktyke en maak seker dat hul pragtige omgewingsvriendelike verpakking alles verteenwoordig waarvoor hulle staan. Sodoende kyk Panier des Sens terug na die verlede om bes moontlik vir die toekoms te sorg.

Volg hulle by #PanierdesSensAfrica

Panier Des Sens word uitsluitlik deur 51 Beauty, ’n afdeling van The 51 Group Edms. Bpk, in sub-Sahara Afrika versprei. Kontak hulle by info@the51group.com of www.the51group.com vir meer inligting.

Lees ook: Wenke vir ’n huislike gastekamer

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

2 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

2 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

2 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

2 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.