kategorieë: VerhoudingsJou lewe

Om tot siens te sê – op ’n ekovriendelike manier

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Akwamasie of alkaliese hidrolise, wat ook as vlamlose verassing, waterverassing en bio-verassing bekendstaan, is ’n nuwe ekovriendelike manier om die liggaam te veras pleks daarvan om vuur te gebruik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

AVBOB is nou al meer as 105 jaar lank in die begrafnisbedryf. Dié maatskappy is toonaangewend in die bedryf en die grootste onderlinge vereniging in Afrika. Oor die jare het AVBOB tradisionele begrafnisdienste en verassing aan hul polishouers en nie-polishouers gebied. In 2019 het AVBOB egter akwamasie van stapel gestuur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Akwamasie is die eerste keer in Maitland, Kaapstad, bekendgestel. Later, in Junie 2022, was dit aan Gauteng by AVBOB se tak in Pretoria-Wes bekendgestel. AVBOB beoog om akwamasie na verskeie plekke oor die land te neem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wanopvattings oor akwamasie

Aangesien akwamasie steeds nuut in Suid-Afrika is, bestaan daar heelwat wanopvattings daaroor. AVBOB probeer om duidelikheid te gee.

AVBOB gebruik sure in die akwamasieproses

AVBOB gebruik beslis nie sure in die akwamasieproses nie. Akwamasie gebruik eerder ’n katalisator wat alkali genoem word, wat presies chemies die teenoorgestelde van suur is. Die alkali gebruik in hierdie geval kaliumhidroksiedsoute.

AVBOB gebruik water direk van akwamasie om plante of gewasse mee water te gee

Die antwoord is ’n besliste nee. Die steriele water wat agterbly ná die proses voltooi is, word terug in die munisipale afvalwaterstelsel herwin. Sien meer inligting oor die proses hieronder.

Die akwamasieproses kook die liggaam

Akwamasie is ’n proses wat sagkens te werk gaan en die liggaam word nie gekook nie. Die akwamasieproses breek organiese materiaal sagkens tot die mees basiese boublokke af. Sien meer inligting oor die proses hieronder.

Is die proses veilig vir die omgewing?

AVBOB stel innovering eerste in alles wat hulle doen. Die alkali wat akwamasie gebruik, is daarom veilig vir die omgewing. Die watergegronde proses gebruik ’n oplossing wat 95% water en 5% alkali bevat, wat die kaliumhidroksied is.

Die akwamasieproses

Die liggaam word in ’n bewaarplek neergelê.

Die liggaam word dan in ’n steriele kamer van vleklose staal geplaas.

Water wat sagkens vloei, matige temperature en hoë alkaliniteit word gebruik om die natuurlike afbreekproses te verhaas.

Alle organiese materiaal word sagkens tot hul mees basiese boublokke afgebreek.

Ons liggaam bestaan uit ongeveer 60% water. Gedurende die akwamasieproses bly slegs die organiese minerale (kalsium) oor. Dit word dan liggies verpoeier.

Die oorblyfsels (as) word aan die familie in ’n kruik oorhandig.

Families ontvang 20-30% meer as tydens akwamasie.

Wat oor is aan die einde van die proses, is die bene (wat aan die familie teruggegee word) en ’n onskadelike, steriele vloeistof (wat geen spoor van DNS of RNA bevat nie) en wat terug in munisipale afvalwater gesirkuleer word.

Alle chemikalieë is ná die proses heeltemal passief.

Lees ook: Etiket by ’n begrafnis

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

2 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

2 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

2 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

2 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.