kategorieë: Ons menseBekendes

Ontmoet die nuwe Plaasjapies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sestien betreklike rou stadsjapies word in die tweede seisoen van kykNET se Plaasjapie-reeks aan die meeste van die elemente van plaaslewe blootgestel. Maar wie is hulle noudat hulle geleer het om varke te voer en koeie te melk? Gaan hul regte plaasjapies word, of is dit terug na die flonkerende stadsliggies?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Plaasjapie, wat ’n eg Suid-Afrikaanse werklikheidsreeks is, begin op Donderdag 18 April om 20:00 op kykNET en die aanbieder van die reeks is weer die Bravo!-aanbieder Ewan Strydom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Nuwe tydsgleuf vir kykNET se Bravo!

In die reeks, waar die wenner moontlik met R1-miljoen kan wegstap, moet die deelnemers kaalhand ’n verskeidenheid boerdery aktiwiteite en uitdagings, wat hul uithouvermoë of wilskrag toets, aanpak – sonder katoeters of moderne tegnologie.

STANLEY VENTER (24)

Motoronderdeleverkoopsman, Pretoria

Stanley is verloof aan Cione de Witt.

1. Hoekom het jy vir Plaasjapie ingeskryf?

Iemand het my gedare om in te skryf.

2. Beskryf jouself

Ek is hardwerkend, lief vir mense, beskik oor ’n borrelende persoonlikheid en is baie lojaal.

RIAAN SNYDER (30):

SHEQ-offisier (Veiligheid-, gesondheid- en omgewingsbestuur), Piet Retief

Riaan is enkellopend.

1. Hoekom het jy vir Plaasjapie ingeskryf?

Ek het ’n verlede waarin ek myself deurlopend as nie goed genoeg geag het nie. Dan is daar ook mense naby my aan wie ek wou bewys dat ek meer is as wat die oog sien.

2. Beskryf jouself

Ek is ’n kragatleet met die hart van ’n Gummy Bear.

ANDRÉ MOUTON (44)

Padskraper-operateur, Pacaltsdorp naby George

André is al die afgelope 18 jaar met Karen Mouton getroud, en hy is die pa van twee dogters, Kate (17) en Andrea (13).

1. Hoekom het jy vir Plaasjapie ingeskryf?

Ek’t vir Plaasjapie ingeskryf om myself uit te daag, om uit my gemaksone te kom en om iets aan te pak wat ek nog nooit gedoen het nie. Ek wou vir my kinders wys dat ’n mens enigiets kan aanpak as jy die nodige wil en deursettingsvermoë het.

Dis iets wat ek nooit gedink het ek sou doen nie! Selfs al het hulle my nie vir Plaasjapie gekies nie, sou bloot die feit dat ek ingeskryf het reeds ’n stap in die regte rigting vir myself, asook vir my kinders gewees het.

2. Beskryf jouself

Ek was maar nog altyd die stil, skaam, teruggetrokke outjie wat agter in die klaskamer gesit het en teruggestaan het vir ander persone om eerste te gaan. Selfs al het ek geweet ek kan dinge doen, het ek teruggestaan en was ek tevrede gewees met bloot die gedagte dat ek dit kan doen.

ETIENNE DE VILLIERS (36)

Bruilof- en geleentheidsbeplanner (Eienaar en uitvoerende hoof van ART Weddings & Events), Pretoria-Oos

Etienne is verloof aan Leo de Veer.

1. Hoekom het jy vir Plaasjapie ingeskryf?

Ek wou myself uit my eie gemaksone haal en uitvind of ek wel op ’n plaas kan funksioneer. My vriende het my ook uitgedaag om in te skryf, want hulle weet goed ek hou baie van die stad en om netjies te lyk. Plaasjapie het my heeltemal uit my gemaksone verwyder.

2. Beskryf jouself

Ek is ’n ekstrovert van kop tot toon, wat mal is oor mense. Ek vind my energie op ’n aand uit tussen vriende. Ek is ’n baie doelgerigte man wat wil hê dat dinge goed en reg moet verloop te alle tye.

BLUE KESTER (39)

Gemeenskapsontwikkelingskoördineerder, Bellville

Blue bly naby Kaapstad, is enkellopend en het geen kinders nie.

1. Hoekom het jy vir Plaasjapie ingeskryf?

Ek het deur ’n donker tyd gegaan met die verlies van my oupa en is gediagnoseer met matige depressie. Ek het iets nodig gehad wat my sou uitdaag en in staat sou stel om myself weer te vind. Boonop is ek ook ’n groot aanhanger van werklikheidsreekse. Ek het al aan ’n paar deelgeneem, en ek weet dit verander elke keer my uitkyk op die lewe. Ek wou weer met nuwe oë na die lewe kyk. Daai R1 miljoen-prysgeld het ook baie aanloklik gelyk!

2. Beskryf jouself

Ek is ’n avontuurlustige mense-mens. Ek is vriendelik, behulpsaam en het maar ’n klein hartjie. Ek stel baie kere ander mense eerste en vergeet van myself in die proses. Tog hou ek van die kollig en geniet ek dit om vriende te maak.

LIOVIAN ANDERSON (40)

Entrepreneur, Paarl

Liovian is getroud. Sy en haar man, Kirby, het twee kinders: Kirstin-Jade (15) en Joshua (11)

1. Hoekom het jy vir Plaasjapie ingeskryf?

Ek het ingeskryf vir Plaasjapie om my kinders trots te maak op my, om my beste te gee tydens die program en natuurlik om die R1 miljoen te wen. My grootste motivering was om aan myself te bewys dat ek in staat is om berge te versit as ek myself die geleentheid gun en ook om my soms as ma, vrou en entrepreneur eerste te stel. Dit kom daarop neer dat ek eers my beker moet vol maak en -hou voordat ek na ander se belange kan omsien.

2. Beskryf jouself

Ek is hardwerkend, lojaal, vriendelik en vol lewe, gedrewe, energiek, Christelik, passievol, lief vir mense en hard op myself.

MICHELLE DE WAAL (42)

Mediese-verteenwoordiger, Windhoek (Namibië)

Michelle is getroud. Sy en haar man, Darius, het drie kinders: Jaiden (17), Danielle (15) en Jan (10).

1. Hoekom het jy vir Plaasjapie ingeskryf?

Ek het ingeskryf vir Plaasjapie omrede dit iets was wat ek myself kon sien doen. Ek wou net weer besef wie en wat ek is en waartoe ek in staat is. Natuurlik het ek ook ingeskryf om ’n voorbeeld vir my kinders te wees. Ek is baie kompeterend en hou van uitdagings.

2. Beskryf jouself

Ek is eintlik ’n rustige mens, maar ek is altyd op soek na iets om te doen. Ek kan glad nie net sit en niks doen nie. Ek geniet dit baie om mense te leer ken en nuwe vriendskappe te vorm. Ek het balans, is selfversekerd, dapper, georganiseerd, toegewyd, ambisieus en ’n staatmaker. Ek is “plein en plat”.

MILANDIE GRIMBEEK (32)

Haarstilis, Beaufort-Wes

Milandie is die afgelope drie jaar reeds met Francois Barnard getrou. Hulle het twee hondekinders, Mila en Chloe.

1. Hoekom het jy vir Plaasjapie ingeskryf?

Dit was nog altyd my droom om vir ’n werklikheidsprogram in te skryf waar ek saam met mense aan ’n spel deelneem en uitgedaag word.

Plaasjapie was ’n program wat al die boksies getiek het. Ek het ook geweet dit sal my as mens uitdaag en laat groei. Ek wou aan myself bewys dat ek tot soveel meer in staat is as wat my denke my toelaat.

2. Beskryf jouself

Ek is ’n vriendelike en spontane mens. Ek is lief vir mense en het ’n omgeehart vir ander.

3. Wat is die sterk punt(e) wat jy na Plaasjapie gebring het?

Van my sterk punte is my vriendelike geaardheid en dat ek met enige persoon oor die weg kan kom. Ek voel ek kan ’n lekker atmosfeer skep.

4. Wat beskou jy as jou slegste eienskap?

Ek hoor, maar luister nie altyd so mooi nie. Soms kan ek ongeduldig raak. Tydens die maak van die reeks het ek ook geleer ek kan partykeer ’n verkeerde keuse maak deur my emosies te volg eerder as om na my hart te luister.

ZANIE VAN RENSBURG (53)

Gewese gim-eienaar en deesdae verkoper van sporttoerusting, Pretoria

Zanie is die ma van twee seuns en ’n dogter: Benhard (27), Zanre (24) en HJ (20).

1. Hoekom het jy vir Plaasjapie ingeskryf?

Ek hou van enige uitdaging, veral van uitdagings waar ek nie presies weet wat om te verwag nie. En ek hou van kompetisie. Fisiese uitdagings is natuurlik my gunsteling. Ek is lief vir die natuur, diere en om buite in die son te wees. Plaasjapie is een van daardie unieke programme waar jou fisiese, strategiese en emosionele vermoë op die proef gestel word. En die beste deel van Plaasjapie is dat dit in Afrikaans is. Natuurlik het ek ingeskryf omdat ek graag wou wen. Ek weet ek is my sout werd.

2. Beskryf jouself

Ek is energiek, lewenslustig, aktief, positief, eerlik, eenvoudig, opreg en iemand wat lief is vir die lewe en alles met oorgawe doen. Ek glo in God en is dankbaar vir my kans in die lewe om ’n verskil op aarde te maak. Ek is doelgerig en gee nie maklik moed op nie. Ek pak goed met oorgawe aan en doen niks halfhartig nie. Ek dink ek is ’n goeie voorbeeld van ’n ‘groepsindividualis’. Verder steur ek my nie aan blaffende klein hondjies nie. I don’t sweat the small stuff.

ANELDA PRICE (24)

Finalejaarstudent in maatskaplike werk, Parow-vallei

Anelda is tans in ’n verhouding en hoop om vanjaar haar graad te verwerf.

1. Hoekom het jy vir Plaasjapie ingeskryf?

Ek gaan nou baie eerlik wees: Ek’t vir Plaasjapie ingeskryf vir die prysgeld, want wie kan nie doen met ’n miljoen nie. Verder hou ek daarvan om dinge te doen wat buite my gemaksone is, en ek het geglo hierdie gaan ’n belewenis wees. Een aand, toe dink ek by myself: “Anelda, jy het niks om te verloor nie. Doen dit net en kyk hoe ver jy kom.”

2. Beskryf jouself

Ek sal myself beskryf as ’n mense-mens. Ek hou ongelooflik baie van gesels, veral as ek weet al die aandag is op my. Ek is baie spontaan en moes leer om nie altyd die kamer te vul met my groot persoonlikheid nie. Ek hou ongelooflik baie van lag. Op hoërskool het hulle altyd gesê ’n mens hoor eers my lag voor hulle my sien. Dit is vandag nog steeds die geval. Ek is baie avontuurlustig, en ek hou van nuwe uitdagings. Boonop is ek ook iemand wat nie stil kan sit nie. Dis nou ek wanneer ek nie moeg is nie. Wanneer ek moeg is, spaar ek my energie, praat min en doen net die nodigste.

JANNIE HOLSTHYZEN (20)

Sekuiteitswag, Wonderboom-Suid

Jannie is enkellopend.

1. Hoekom het jy vir Plaasjapie ingeskryf?

Ek het vir Plaasjapie ingeskryf om vir myself en vir my pa reg te bewys, naamlik dat ek enigiets kan doen wat ek met volle toewyding aanpak. En natuurlik sou R1 miljoen my groot toekomsplanne ’n stewige hupstoot gee.

2. Beskryf jouself

Ek sal myself beskryf as iemand wat baie vriendelik is, self soms dalk té vriendelik. Ek is baie energiek en positief, hardwerkend en weet wat ek in die lewe wil bereik.

PIETER GOUWS (28)

Meganiese ingenieur, Kaapstad

Pieter sê hy weet dis skokkend, maar hy is nog ’n alleenloper.

1. Hoekom het jy vir Plaasjapie ingeskryf?

Om op ’n plaas te werk en te bly is iets wat ek al van kleins af doen en maklik kan doen vir ’n lewe omdat my familie boere is. Maar dis nie iets wat ek regtig sou wou doen nie. Ek word baie gevra hoekom nie. My antwoord is dat ek bloot net nie daarin belangstel nie. Mense neem seker aan ek is ’n baie slegte boer. Plaasjapie was vir my ’n manier om te bewys dat ek eintlik baie goed met plaasbestuur en -werk is, maar net omdat jy goed is met iets, beteken dit nie jy moet dit doen vir ’n lewe nie.

2. Beskryf jouself

Wel, my vriende beskryf my as ’n klandestiene gladdebek, want ek kan my in of uit enigiets praat. Maar ek is nog steeds nederig. Ek is definitief ’n ekstrovert en ’n standvastige persoon wat nie regtig verander nie. Hoe ek vandag met jou is, gaan ek ook môre en oor ’n jaar met jou wees. Ek hou daarvan om mense te laat lag en weet dat komedie gebruik kan word om enige moeilike situasie makliker te maak, al is dit soms ’n bietjie donker humor.

LIEZLE WIESE (56)

Verkoopsverteenwoordiger en bemarker in die konstruksiebedryf, Germiston.

Liezle is getroud. Sy en haar man, Colin, het drie dogters: Lechien (34), Carmen (33) en Ciara (25).

1. Hoekom het jy vir Plaasjapie ingeskryf?

Ek het nie net vir die miljoen rand ingeskryf nie. Ek wou regtig sien hoe ver ek myself kan druk in terme van harde werk, my liefde vir die grond en my liefde vir diere. My hele lewe bestaan uit harde werk en my positiewe gesindheid is sigbaar in alles wat ek aanpak. Ek is ook avontuurlustig. Alhoewel ek nie meer vandag se kind is nie, wou ek aan myself bewys dat ek nog hard kan werk op ’n plaas.

2. Beskryf jouself

Ek is ’n omgee-mens, ’n mense-mens. Ek sal my alles gee om mense te help, en ek sal veg vir regverdigheid. Dit is ’n groot ding vir my. My hart is groot. Partymaal te groot. Ek is ’n baie positiewe mens – iemand wat glo aanhouer wen. Ek gee nie op nie, ongeag wat gebeur. Ek hou van lag, selfs al huil ek. Ek lag as ek huil. I’m the life of the party.

Ek het ook ’n crazy kant. Ek noem haar Annabel. Sy vat nie nonsens nie. Dit moet baie vat voor Annabel na vore kom. Praat reguit en praat die waarheid.

DONOVAN MASSYN (34)

Senior handelsrekeningbestuurder, Pretoria-Oos

Donovan is in ’n verhouding.

1. Hoekom het jy vir Plaasjapie ingeskryf?

Ek wou myself toets onder ongemaklike en onbekende omstandighede en situasies. My ma was in ’n ongelooflike groot motorfietsongeluk en sou ek wen, sou ek die geld aangewend het vir haar mediese onkoste. Die prysgeld sou nie alles dek nie, maar as ek vir haar net ’n fraksie kon teruggee, sou dit my hart vol maak. Sy leer om nou weer te loop, maar haar pad na volle herstel is nog lank.

2. Beskryf jouself

Ek is selfversekerd, spontaan en avontuurlustig. Ek sê nie sommer nee vir kos nie, maak graag grappies, is kompeterend, en ek het ’n sagte plek vir minder bevoorregte mense. Ek beskou myself ook as hardwerkend.

DANIELLE REINECKE (24)

Somatoloog, Rustenburg

Danielle is met Darryn Reinecke getroud.

1. Hoekom het jy vir Plaasjapie ingeskryf?

Ek wou myself uitdaag. Ek voel dat baie mense my onderskat. Ek wou wys dat jy hard kan werk en fabulous lyk terwyl jy dit doen.

2. Beskryf jouself

Ek is baie sag, alhoewel ek baie loud kan wees. Ek wil met almal maatjies wees, maar as ek nie die liefde van hulle kant voel nie, kan ek stil en teruggetrokke wees. Ek is so lief vir my man – ek dink nie daar is ’n vrou wat liewer vir haar man is as wat ek is nie.

MONIQUE HOBKIRK (42)

Somatoloog, Nelspruit

Monique is ’n enkelma met twee kinders: Jake (14) en Amie (11).

1. Hoekom het jy vir Plaasjapie ingeskryf?

Ek het dit gesien as ’n avontuur en iets wat buite my gemaksone is. Toe ek hoor my inskrywing was suksesvol, het dit my doelwit geword om te kyk of ek die miljoen rand kan wen.

2. Beskryf jouself

Ek is ’n mense-mens, maar ek moet eers my voete rondom vreemdelinge vind. Ek kom wel goed oor die weg met almal en het baie empatie met mense en dit wat rondom my gebeur. Ek het dit op die harde manier geleer. Verder het ek ’n goeie sin vir humor en is altyd gereed vir enigiets.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met ‘Binnelanders’ se Luandri Reynders

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

2 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

2 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

2 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

2 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.