kategorieë: Ontspanning

13 dinge wat jy nou kan doen om besig te bly tydens lockdown oor die Corona-virus

dinge wat jy nou kan doen om besig te bly tydens sosiale afsondering oor die Corona-virus, saamgestel deur Catherine Schenck. Hooffoto: iStock

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Om die verspreiding van die COVID-19-virus te beperk, is ons land nou in “lockdown.” Dit beteken ons tuis moet bly, behalwe om nodige kruideniersware en medisyne te koop, of om mediese hulp te kry. Indien jy onseker is oor wat veilig en onveilig geag word, is hier ’n oulike hulpbron.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hier is 13 dinge wat jy met die ekstra tyd tuis kan doen.

Laai ons GRATIS blokkiesraaisels af en bly lekker besig! Klik hier

1. Bly kalm en bly ingelig

Die Suid-Afrikaanse regering het ’n webwerf geskep wat al die nuutste inligting rondom die COVID-19-situasie in Suid-Afrika uitlig. Klik hier.

Hier is ’n slim lysie van dinge wat jy moet en nie moet doen nie – klik hier

As jy reisplanne gehad het, is dit belangrik om te weet oor hierdie aspekte van reisversekering. Loer hier

Hier is ook goeie inligting wat verduidelik hoe COVID-19 werk, en hoe die simptome van gewone verkoue of griep verskil.

Besoek ook die WGO se webwerf vir goeie inligting.

Onthou, as jy siek voel, isoleer jouself en maak dadelik ’n afspraak met jou dokter.

iStock 13 dinge wat jy nou kan doen om besig te bly tydens sosiale afsondering oor die Corona-virus

2. Bly fiks en oefen tuis

Gimnasiums en selfs buitentoe gaan, moet vermy word, maar nie oefening nie! Oefening help ook om jou geestesgesondheid te bestuur en om van spanning ontslae te raak.

Doen elke dag hierdie vyf oefeninge – sommer in jou slaapkamer – om daai lyf te hou!

Die één oefening wat jy moet aanhou doen is “plank” – loer hier en moenie vergeet van jou rugoefeninge nie!

Onthou ook om gesond te eet. Loer hier vir resepte.

Die 5 beste oefeninge wat jy by die huis kan doen iStock 13 dinge wat jy nou kan doen om besig te bly tydens sosiale afsondering oor die Corona-virus

3. Doen die dinge waarby jy nog nie uitgekom het nie

Maak jou handsak en inkopiesakke só skoon – klik hier

Ruk nou daai klerekas reg en detoks jou voorkoms – loer hier vir 10 dinge wat jy tydens die inperking moet doen

Sorteer jou foto’s uit – hier is raad en raam jou foto’s – hier is oulike idees

Begin solank beplan aan jou welige, warm winterhuis – loer hier

Maak jou matrasse en kussings skoon! Ons wys jou hoe

Ons wys jou wat om te doen oor skoene wat nie meer so lekker ruik nie … Loer hier

Maak jou matte skoon sonder ’n matmasjien – hier is wenke.

Begin om te herwin – dis ook ’n goeie manier om die kinders aan die help te kry! Begin so.

Gooi ou medisyne weg en berg jou medikasie reg – hier is ’n gids

Ekstra verf in die motorhuis? Knap daardie vaal vertrek op met ’n fokusmuur. Ons wys jou hoe om een te verf.

Organiseer jou klerekas – hier is ses dinge wat jy moet doen en hier is ses oulike Marie Kondo-pakwenke

Leer om te hekel – dis verbasend goed vir jou! Lees hier hoekom dit terapeuties is

13 dinge wat jy nou kan doen om besig te bly tydens sosiale afsondering oor die Corona-virus

3. Luister na ons opwindende voorlesings

Ons het drie heerlike fiksie-voorlesings waarna jy kan luister – en dis gratis!

Lees ook: Hoe om podsendings af te laai

Botox, Barbies & Bietse

In dié vervolgverhaal stel Martie Swanepoel en Elize Cawood jou voor aan Liezl Burger, ’n kunstenaar wat haar man se verraad met ’n vintage Barbie uit haar lewe probeer botox. Lag saam met haar, huil so ’n bietjie, en herontdek jou vrouwees …

Klik hier om te luister, of klik hieronder op die speelknoppie om sommer nou te luister.

Dans met die rooi rok

In dié spanningsvolle vervolgverhaal stel Martie Swanepoel en Bettie Kemp jou voor aan Amelie du Raan voor. Nadat sy uit haar stresvolle werk en ongelukkige huwelik stap, trek sy platteland toe waar sy en haar kinders in ’n vervalle ou huis gaan bly. Hier maak sy kennis met die spoke van die verlede. Veral met die vrou wat saans in ’n rooi rok deur die tuin met die blou windklingels dans …

Klik hier om te luister, of klik sommer op die pienk speelknoppie om nou te begin luister.

Lam in Wolfsklere

In die vervolgverhaal geskryf deur Bernette Bergenthuin en voorgelees deur Elma Postma, ontmoet jy vir Amie, ’n belowende jong prokureur wie se byna perfekte lewe in ’n oogwink verander toe sy besef haar kêrel dra nie haar belange op die hart nie…

Klik hier om nou te begin luister, of klik sommer op die pienk speelknoppie.

iStock

4. Berei jou huis voor vir die winter

Die seisoen draai en dis nou ’n goeie tyd om al daardie herstelwerk te doen om die huis in ’n goeie toestand te kry voordat die winter begin. In die Kaap sal dit byvoorbeeld reën, en dan moet die geute skoon wees om enige onnodige lekplekke te vermy. Loer hier vir ’n slim lys hoe om jou huis vir die winterweer voor te berei.

As dit in jou streek reën, is hier goeie wenke hoe jy jou tuin vir die reën kan voorberei.

Stoor jou somerlinne reg – ons wys jou hoe.

Vir nog goeie huis-idees, besoek Garden & Home

As jy in die tuin werk, onthou om sonroom en ’n hoed te dra. Gebruik dié UV-gids en onthou om water te drink!

13 dinge wat jy nou kan doen om besig te bly tydens sosiale afsondering oor die Corona-virus

5. Hou die kinders besig

Op soek na kreatiewe binne-bly-aktiwiteite om die kinders besig te hou? Klik hier vir ’n oulike gids

Laai ons gratis papierpoppe af en speel ure saam. Klik hier om dit nou af te laai

Druk hierdie gratis aktiwiteitsboekie uit – ons deel ook wenke en skakels waar jy nog lekker aktiwiteite kan vind

Ons susterstydskrifte living & loving en Your Family het ook die oulikste idees – besoek hul webwerwe gerus (klik op die name om na die webwerwe toe te gaan).

Lees hier om te sien hoekom dit so belangrik vir kinders is om te speel

En as jy, as ouer, raadop is met jou kinders het ons raad. Luister hier

Vir groter kinders (en ouers!) het ons blokraaisels en nommerspeletjies.

13 dinge wat jy nou kan doen om besig te bly tydens sosiale afsondering oor die Corona-virus

6. Ruk jou huis reg

Daar is nou meer tyd om die huis se voorkoms op te knap en netjies te maak!

Organiseer jou huis, vertrek vir vertrek. Klik hier vir ’n slim gids.

Maak dit ook klottervry – en die beste manier is om met iets kleins te begin. Loer hier.

Maak die meeste van jou klein leefspasie – hier is wenke en hier is nog goeie raad

Weet jy wat in jou skoonheidsrakkie aangaan? Hier is raad om jou skoonheidsprodukte weg te gooi, reg te pak, en reg weg te pak

7. Word ’n rusbank-reisiger

Ons kan dalk nie verskriklik rondrits op die oomblik nie, maar dit keer ons nie om oor reis te lees nie! Klik hier vir ons lekkerste reisstories

Het jy al ons blogplasings van Sunita McDonald oor haar gesin se projek waar hulle ’n ou Franse kasteel restoureer, gelees? Glo ons, dis die lekkerste ding om hulle te kan volg. Klik hier om te begin lees.

Rits saam met Margaret Gardiner die wêreld vol om allerhande glanspersoonlikhede te ontmoet – en kry ’n bietjie pitkos by jou padkos. Klik hier.

En besoek ook Country Life se webblad om te voel asof jy ook nou iewers op ’n agterpad of stofstraatjie ry.

8. Luister na podsendings

rooi rose het ’n nuwe podsendingskanaal (dis soos radio, maar aanlyn en enige tyd beskikbaar). Ons het ’n hele handvol reekse om na te luister!

Loer hier om te sien hoe jy podsendings kan aflaai

Hoe gaan dit met jou?

Ons het ’n spesiale mini-reeks geskep vir die inperking waar ons met allerhande mense gesels oor hul ervarings tydens die lockdown. Luister hier

Ons diere & hul giere

Troeteldiere speel ’n belangrike rol in ons lewens, maar soms laat hul giere en skete ons kopkrap. Ilse Salzwedel gesels met kenners om raad te kry oor ons vierpootvriende. Klik hier om te luister, of klik sommer op die pienk speelknoppie hier onder.

Ka-Tjieng!

Moenie dat jou geldsake jou slapelose nagte gee nie! In hierdie reeks kry Anet Schoeman by ’n span kenners raad om sin te maak van finansiële slaggate wat jy dalk mag teëkom. Elke week bespreek hulle ’n tema wat elke vrou se lewe raak.

Klik hier om te luister, of klik op die pienk speelknoppie.

Tee & Taai Toffies

Vind meer uit oor jou gunsteling-bekendes! Hulle gesels openhartig met Ilse Salzwedel oor hul doen en late. Boonop probeer Ilse en haar gas ook sommer ’n paar lesers se probleme op. Gaan dit werk? Luister en vind uit! Klik hier vir meer, of klik op die pienk speelknoppie om sommer nou dadelik te begin luister.

Tussen ons

In ons reeks Tussen Ons gesels Mariette Snyman met kenners oor vroue se hartsake, verhoudings, en gesondheid.

Seisoen 1 handel oor gelukkiger verhoudings en ons seksuele gesondheid. Klik hier of op die pienk speelknoppie om te luister.

Seisoen 2 handel oor jou selfbeeld, selfaanvaarding en geluk. Klik hier of op die pienk speelknoppie om te luister.

Seisoen 3 handel oor hoe ons die mense naaste aan ons deur ’n moeilike tyd kan ondersteun. Klik hier of op die pienk speelknoppie om te luister.

13 dinge wat jy nou kan doen om besig te bly tydens sosiale afsondering oor die Corona-virus

9. Dink weer oor jou voorkoms

Ons daag jou uit! Ons het onlangs elk vir ’n week lank lipstiffie gedra – en dit het wondere vir ons gemoed gedoen. Loer hier om te sien wie almal saam met ons deelneem, hoe dit ons laat voel, en hoe jy en jou vriendinne ook kan saamkuier.

Omhels jou ouderdom en druk jou persoonlikheid uit met jou klere – hier is ses ikone wat ons inspireer

Die winter is om die draai! Ons deel ses slim wenke om sjiek te lyk – en jy hoef nie eens winkels toe te gaan om die voorkomste te kry nie!

Kyk na ons oulike video waar ons jou wys hoe om die oulikste voorkomste met haarserpies te kan kry. Klik hier

Kry self vier pragtige naelkuns-voorkomste. Loer hier vir inspirasie en wenke.

Ons wys jou hoe om ’n doen-dit-self facial te kry! Klik hier vir ons stap-vir-stap wenke van ’n kenner

Gebruik daardie gesigmaskers op – en maak dit pret! Loer hier vir ons beste raad

Werk deur jou klerekas en kyk watter items nie meer pas of goed lyk nie. Hier is 10 wenke wat jy in gedagte kan onthou om jou figuur te vlei

Stel vas wat jou liggaamsvorm is – dit sal help om uit te vind watter klere beter vir jou werk.

Kyk na jou uitrustings – maak jy hierdie 8 modefoute?

Ons mag nie winkels toe gaan nie, maar dit kan slim wees om jou klerekas te beplan – en om hierdie 16 dinge in gedagte te hou om geld te spaar op jou klerekas

Probeer iets nuuts met jou hare – soos hierdie vinnige vlegsel-bolla, of hierdie haarknoop, of hierdie golwende krulle

Pas jy jou vel reg op? Hier is die beste gesigwas-gids.

Wanneer laas het jy jou grimeerkwassies gewas? Klik hier om te sien hoe om dit te doen.

Krulhare? Hier is die mooiste moderne style wat jy nou moet dra

Pas jou onderklere jou reg? Hier is wat jy moet weet.

10. Werk in die tuin

Dis tyd om weer aandag aan die tuin te gee! Hier is ’n paar idees:

Maak ’n komposhoop – ons wys jou hoe

Versier potplanthouers!

Dis wat jy in Maart moet doen om vir jou rose te sorg.

Maak wegpakplek vir jou tuingereedskap – klik hier

Plant inheemse, waterwys plante – kyk hier

Loer hier vir nog goeie tuinmaak-idees

Rig jou eie kostuin in – hier is ons gids in twaalf dele:

Deel 1

Deel 2

Deel 3

Deel 4

Deel 5

Deel 6

Deel 7

Deel 8

Deel 9

Deel 10

Deel 11

Deel 12

13 dinge wat jy nou kan doen om besig te bly tydens sosiale afsondering oor die Corona-virus

11. Lees!

Trek daardie rooi rose nader en lees te lekker – onthou, ons April-uitgawe is vanaf 23 Maart 2020 op die rakke. EN het jy gesien?

Ons het ook die wonderlikste GRATIS vervolgverhale wat jy op ons webwerf kan vind!

Sjef Snoekie

Op die oomblik is ons besig met Sjef Snoekie, geskryf deur Martie Swanepoel. Snoekie se hart word bitterlik gebreek nadat sy vir Werner ’n oshart vir Valentynsdag voorberei. Sy is verpletter, maar Ouma Lucille beraam ’n plan sodat Snoekie haar drome as sjef in Frankryk kan uitleef. Daar werk sy saam met Alphonse – onweerstaanbaar aantreklik en onuitstaanbaar ongeskik. Gaan sy dit maak? Lees saam en vind uit! Klik hier

Vlam

Niekie Branders, oftewel Vlam, is ’n vurige rooikop en ’n misdaads-en militêre verslaggewer. Sy wéét wat sy doen. Totdat Pieta, haar baas by Mediahuis, vir haar die moeilikste opdrag nog gee en sy skielik heeltemal uiteboul is … Klik hier om Vlam te lees

Loer hier vir nog lekkerlees-verhale

13 dinge wat jy nou kan doen om besig te bly tydens sosiale afsondering oor die Corona-virus

Annemieke Mentz

Een oggend staan Annemieke Mentz op – gelukkig getroud. Daardie aand, nadat haar man Cobus by die huis kom, wil hy sommer skei. Wat het gebeur? En gaan sy die skerwe van haar verhouding én haar lewe weer kan optel? Vind uit in hierdie lekkerlees-verhaal deur Bernette Bergenthuin …

Klik hier om die verhaal van Annemieke Mentz te lees

Nog lekker verhale:

Stervanger – klik hier

12. Raak kreatief!

Het jy geweet dis goed vir jou om kreatiwiteit in jou lewe te hê? Klik hier om te sien wat kenners sê

Hier is ’n paar oulike projekte en idees wat jy kan doen om ’n uitlaatklep vir jou kreatiwiteit te skep:

Maak self die mooiste lampskerms met dinge wat reeds in jou huis is – klik hier

Maak self inkopiesakke – dis meer volhoubaar as plastiek én dis lekker geskenke. Klik hier

Leer jouself brei of hekel! Gebruik patrone uit ons argiewe.

Vrouekeur het ook die wonderlikste hekel- en breipatrone. Klik hier vir idees.

Besoek ook Your Family se webblad vir die lekkerste projekte – vir grootmense en vir kinders

13. Fokus vir ’n slag op jouself, jou verhoudings, en jou drome

Hierdie tyd wat ons op ons eie deurbring, is ook goed om te reflekteer oor waar ons is. Onthou om vir jouself te sorg. Begin ’n dankbaarheidsjoernaal waarin jy elke dag 5 dinge neerskryf waaroor jy dankbaar is, of gebruik die tyd om na te dink oor jou verhoudings, jou werk, en jou geluk.

Bel of skype jou ouers, jou kinders, jou broer of suster, jou vriende. Sosiale kontak is steeds belangrik, al kan ons nie mekaar fisies sien nie.

Hier is ’n paar dinge om oor na te dink:

Werk vanjaar aan hierdie 10 dinge om gelukkiger te wees

Gesels met jou lewensmaat oor hierdie 10 belangrike dinge vir ’n gesonder verhouding.

Kyk weer na jou finansies en werk ’n spaarplan uit. Hier is raad.

Jy kan jou beroep bevorder tydens die onsekerheid en inperking. Hier is raad

Neem beheer oor jou skuld in hierdie moeilike tyd. Hier is ’n kenner se raad.

Kry hulp

Indien jy in ’n moeilike situasie tuis is, kan jy hulp by die volgende plekke kry – klik hier vir ’n lysie

Lees ook: Geweld teen vroue – wat om te doen

Indien jou geestesgesondheid ’n knou kry, kontak SADAG, ’n gratis hulplyn vir depressie, angs, en algemene geestesgesondheid.

Luister ook hier – ons deel praktiese wenke vir angs en uitbranding

Hier is raad as jy eensaam voel tydens die inperking

Hier is raad om konflik te hanteer tydens die inperking – klik hier

Ons het met ’n kenner gesels oor hoe om kalm te bly tydens die inperking en COVID-19-pandemie. Loer hier

13 dinge wat jy nou kan doen om besig te bly tydens sosiale afsondering oor die Corona-virus

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.